Marmite-en-kaasmuffins
Bestanddele
250 ml meel
10 ml bakpoeier
250 ml fyngerasperde beleë cheddar
180 ml melk
30 ml botter
15 - 30 ml Marmite
Metode
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n pan vir happiegroot muffins met kleefwerende kossproei.
2. Sif die meel en bakpoeier saam in ’n bak en roer die kaas by. Voeg die melk by en gebruik ’n bottermes om dit in te sny totdat ’n deeg vorm. Dis belangrik om dit nie te oorwerk nie. Skep teelepels vol in die voorbereide pan en bak vir sowat 10 minute of tot gaar en uitgerys.
3. Smelt die botter en Marmite saam en drup dit oor die muffins sodra hulle uit die oond kom. Sit warm voor. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie