Maroela-olie nie net vir kook
Moderne kinkel vir ou treffer
Tanja Bause - “Ons het ’n produk gevat wat al vir eeue deur die mense in die Noorde as ’n kookolie gebruik word, dit ’n moderne kinkel gegee en nou vat ons die produk nasionaal en internasionaal.”
So sê ’n trotse mnr. Matty Nengola van Taneta Investment cc wat nou woeker met maroela-olie. Volgens Nengola het hy ná sy aftrede uit die onderwys begin besin oor sy toekoms, sakegeleenthede en hoe hy homself en sy familie kon besig hou.
“Ons het as ’n familie bymekaargekom en oor ons toekoms gedink. Maroela-olie is as kookolie deur ons oumas gebruik en ons het navorsing gedoen en begin om die olie vir kosmetiese doeleindes te ontgin,” het hy gesê.
Die familie het die olie as haarproduk en ook as olie op hul velle begin gebruik.
“Ek het in daardie stadium in Amerika gestudeer en my familie het vir my van die olie gestuur. Ek het ’n verskil aan my vel begin agterkom en ons het besluit om die olie deur ’n laboratorium te laat toets. Eerstens om te verseker dat dit wel veilig is om te gebruik en ook om ons produk geloofwaardigheid te kan gee,” het me. Nelau Nengola gesê.
Sedert April word maroela-olie vir die vel, hare en ook ’n masseerolie vervaardig.
Nengola is in die Onheliwa-nedersetting naby Oshakati gebore en vandag koop hy die maroelapitte by die vroue van die nedersetting.
“Hulle versamel en stamp die pitte en Taneta koop dit by hulle. Dit is vir ons as familie en maatskappy belangrik dat die gemeenskap by die produk betrokke is en daarby baat vind,” het hy gesê.
Die fyngestampte pitte word koud gepers om die olie te onttrek. Die olie word daarna gefiltreer en moet staan totdat dit skoon en helder is voordat bottels per hand gevul word. Laastens word die etiket opgeplak en is die produk gereed vir die winkelrak. Die produkte is in 50 ml- en 100 ml-verpakkings beskikbaar.
Die hele proses in die versamel en stamp van die pitte totdat die olie in die bottel is, word met die hand gedoen wat die produk nie net 100% Namibies nie, maar ook 100% organies maak.
Op die oomblik is die olie-onttrekkingsproses baie arbeidsintensief, maar Nengola hoop om in die toekoms ’n masjien te kan koop wat die fynkap van die pitte vergemaklik. ’n Masjien wat met die filtreringsproses help, is reeds bestel. Ook beoog die familie om ’n pers- asook ’n botteleringsmasjien aan te skaf.
“Die masjiene sal die produksieproses vergemaklik, vinniger maak en ons in staat stel om ons produksie te verhoog,” het hy gesê.
Hulle wil voorts die produktereeks uitbrei en is besig om ’n sjampoe en ’n seep te ontwikkel.
“Ek is van die Noorde afkomstig en besit ’n stuk grond in die nedersetting. Ons wil nou maroelabome plant sodat ons altyd verseker van pitte vir ons produkte is. Dit is ook van groot waarde vir die mense in die nedersetting wat teen betaling na die bome moet omsien,” het hy bygevoeg.
Die maatskappy se naam, Taneta, is afkomstig van die eerste twee letters van die kinders se name en wel Tala, Nelau en Taleni.
Nengola is ook besig om gebruike vir die oorblyfsels van die maroeladoppe te ondersoek.
“Sodra die olie uitgepers is, bly droë stukke van die pitte oor. Ek kyk nou na moontlikhede hoe ons dit kan verwerk en gebruik. Vir nou het ons familie van vyf ’n ou Namibiese produk gevat en daarvan ’n kosmetiese produk gemaak. Dié produk gaan ons ver vat."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie