Marokko sal nie vanself gaan lê
Johan Deysel en sy makkers sal moet werk om hul foutlose rekord vanjaar op koers te hou.
Andrew Poolman - Ná die babakos van die laaste twee naweke moet dit straks niemand verbaas indien Namibië môre in Casablanca sy eerste harde bene van die 2018 internasionale rugbyseisoen kou nie.
Drie weke gelede sou Marokko nog afgelag kon word as die span wat uit die silwer afdeling bevorder is om vanjaar die plek van die patetiese Senegal in Rugby Afrika se Gouebekerreeks in te neem.
Die Marokkane het egter in beide hul wedstryde sover vuis gewys – eerste deur Peter de Villiers se “nuwe, verbeterde” Zimbabwe in Harare tot 'n gelykopuitslag van 23-23 te beperk.
Laas naweek het hulle in Casablanca ook nie vir Kenia teruggedeins nie en het tot in die tweede helfte nog voorgeloop (17-10) voordat hulle uiteindelik met 24-28 die knie moes buig.
Dié twee vertonings dui daarop dat Namibië hom kan klaarmaak vir veel meer van 'n uitdaging vir die volle 80 minute as waaraan hy in sy twee wegholoorwinnings sover gewoond geraak het.
Beide Uganda (55-6) en Tunisië (118-0) is met minagting uit die pad gevee en hul weerstand het eenvoudig binne die eerste paar minute voor die Namibiese aanslag verkrummel.
Buitesenter JC Greyling, wat twee drieë teen Uganda en vier teen Tunisië gedruk en ook verskeie vir die manne rondom hom geskep het, het egter vandeesweek tuis gebly.
Saam met die mediese span is besluit om hom te laat rus nadat hy teen Tunisië kwaal van 'n liesspier ondervind het.
Die ervare agterspeler Johann Tromp is ook nie in die 25-tal wat Woensdagaand ná die lang vlug via Johannesburg en Parys in Marokko se grootste stad aangekom het nie.
Afrigter Phil Davies het gister teen druktyd nog nie sy wedstryd-23 aangekondig nie. Nogtans is daar geen rede om te vermoed dat sy manne nie die skietgoed het om die opposisie te oorweldig nie.
Met kondisionering, fiksheid en bedrewe aanvalsopsies voor en agterlangs het Johan Deysel en sy maats reeds hul aptyt gewys om meedoënloos die telbord aan die rol te hou.
Marokko het in vorige eras sukses teen Namibië geproe, hoewel dit dikwels op tydperke was wanneer Namibiese rugby nie op sy gesondste was nie.
Namibië se vorige tellings teen Marokko (kapteins en afrigters aangedui):
18 Junie 1994 in Casablanca, gelykop 16-16 (Gerhard Mans, Henry Pretorius)
16 September 1998 in Casablanca, wen 17-8 (Quinn Hough, Johan Venter)
28 Februarie 2004 in Casablanca, verloor 27-9 (Sean Furter, Danie Vermeulen)
13 November 2004 in Windhoek, wen 39-22 (Corné Powell, Danie Vermeulen)
05 November 2005 in Casablanca, verloor 49-0 (Phillipus Isaacs, Christo Alexander)
28 Oktober 2006 in Windhoek, wen 25-7 (Kees Lensing, Johan Venter)
11 November 2006 in Casablanca, wen 27-8 (Kees Lensing, Johan Venter)
• Die geelwortel van kwalifisering vir die 2019 Wêreldbeker in Japan is 'n kragtige dryfveer vir die ses Afrika-spanne in vanjaar se Gouebekerreeks.
Môre se ander kragmeting tussen Namibië se twee vernaamste uitdagers wat in Augustus voorlê, sal ewe insiggewend wees.
Kenia en Zimbabwe koester beide hoop op 'n sterk aanslag, maar die verloorder môre in Nairobi sal kosbare veld verloor.
Dié hewige mededinging word vanaf omstreeks 15:00 op die regstreekse videostroom op Facebook (Kwesé ESPN) of YouTube (Kwesé Sports) verwag, voor Namibië se afskoptyd drie ure later op dieselfde platforms.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie