Marokko was taai uitstappie vir Namibiu00eb
Marokko was taai uitstappie vir Namibiu00eb

Marokko was taai uitstappie vir Namibië

Agt medaljes in drie sportkodes, vir ’n gedeelde 16de plek is die uiteinde van die deelname aan die afgelope Afrika-spele.
NAMPA
Namibië het met sy relatief klein span in die 16de posisie (uit 53 lande) by die 12de senior Afrika-spele in Casablanca en Rabat in Marokko geëindig wat Saterdag ten einde geloop het.

Namibië se fietsryers het ses medaljes losgejaag wat twee goue, een silwer- en drie bronsmedaljes insluit.

Tristan de Lange het twee goues met sy puik vertonings in die bergfiets-veldresies en bergfietsmarathon verdien, terwyl Alex Miller op sy agterwiel brons in die veldresies en silwer met die marathon beklink het.

Vera Adrian was Namibië se enigste vroueryer en het twee bronsmedaljes, in die padfietsresies en individuele tydtoets, verower.

Nog twee silwermedaljes is Vrydag deur Quinn Reddig (16 jaar)en Adriaan Grobler (17) in die terugbuigboog se gemengde spankompetisie ingepalm.

Die Olimpiese bokser Junias Jonas beklink Namibië se vierde bronsmedalje toe hy sy geveg in die semifinale rondte met punte verloor.

Namibië het wel in Brazzaville, Kongo, tydens die 2015 senior Afrika-spele 15 medaljes gewen waarvan vyf goud, vier silwer en ses brons was om sewende te eindig. Maar toe was Afrika se gestremde atlete deel van die okkasie was.

Vanjaar sal die kontinent se Paralimpiese atlete vir die eerste keer vir hul volwaardige eie Afrika-spele kan aantree.

EGIPTE ALMAL SE TIER

Die Egiptenare het met 273 medaljes (102 goud) stof in die res van Afrika se deelnemers in Marokko geskop. Nigerië met 127 (46 goud) is tweede, terwyl Suid-Afrika daarin kon slaag om met 87 (36 goud) die derde plek in te neem.

Vierde was Algerië (125 medaljes, 33 goud), vyfde Marokko (109, 31 goud), sesde Tunisië (97, 26 goud), sewende Kenia (31, 11 goud), agtste Mauritius (24, 6 goud), negende Ethiopië (23, 6 goud), tiende Madagaskar (12, 6 goud), elfde Kameroen (28, 5 goud), 12de Ivoorkus (15, 5 goud), 13de Botswana (14, 5 goud), 14de Burkina Faso (8, 4 goud), 15de Ghana (13, 2 goud).

Die 16de plek is tussen Angola en Namibië gedeel (8 medaljes elk, twee goud).

Die res van die lande het as volg geëindig: 18 Seychelle, 19 Gambië, 20 Gaboen, 21 Niger, 22 Senegal, 23 Mosambiek, 24 Zambië, 25 São Tomé en Príncipe, 26 Eritrea, 27 Demokratiese Republiek van Kongo, 28 Uganda, 29 Libië en Mali, 31 Republiek van Kongo en Zimbabwe, 33 Djiboeti, 34 Guinee-Bissau en Lesotho, 36 Tsjad,37 Rwanda, 38 Benin, Guinee en Togo, 41 Kaap Verde en Sentraal-Afrika Republiek.

Strandvlugbal

Namibië eindig sesde met Kim Seebach en Kristin Schulz aan die stuur van sake. Namibië het tweede in sy groep ná Marokke geëndig waarna hulle in die kwarteindstryd deur Mauritius uitgeskakel word.

Atletiek

Namibië se vinnigste naellopers het aan die 100, 200 en 400 meters en 4x100 m-aflosse deelgeneem, maar kon nie hond haaraf maak nie. Beatrice Masilingi het daarin geslaag om die finaal van die 400 m vir vroue te vorder.

Die jeugdige Masilingi wat as junior aan haar eerste internasionale senior kompetisie deelgeneem het, kon ’n respektabele sewende plek in die 400-finaal behaal. Masilingi, Tjipekapora Herunga, Jolene Jacobs en Globine Mayova het in die 4x100 aflos gehardloop en het vierde geëindig in die resies wat deur Nigerië gewen is.

Swem

Kiah Borg en Alexander Skinner probeer hul bes teen uitgelese geselskap. Skinner haal die finaal van 100 meter vryslag, waar hy vyfde klaarmaak.

Boks

Jonas boks in die ligweltergewigafdeling (64 kilogram) en behaal ’n bronsmedalje. Uit die Namibeise boksspan was dit net hy, Andreas Shikongo en Tryagain Ndevelo wat daarin slaag om hul eerste gevegte te oorleef.

Tennis

Namibië het aan die enkelspelkompetisie deelgeneem. Slegs Linique Theron kon een wedstryd wen, maar kon nie na die volgende rondte deurdring nie.

Karate

Namibië se karateka kon nie as individuele atlete teen hul eweknieë kers vashou nie en is ook in die spankompetisie in die eerste ronde uitgeskakel.

Skaak

Namibië eindig sesde uit 20 lande wat aan die gemengdespanafdeling gespeel het.

Altesame 1 115 medaljes is by die afgelope spele gewen, waarvan 340 goue, 340 brons en 435 silwer was. Die 60 Namibiërs het aan 12 sportkodes deelgeneem.

Die 13de Afrika-spele sal in 2023 deur Ghana aangebied word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!