Mars word verken
Mars word verken

Mars word verken

Jeanette Diergaardt
Drie lande naamlik China, die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en die Verenigde State van Amerika (VSA) gaan ruimtetuie sonder bemanning in die komende week na Mars stuur. Die doelwit is om tekens van oeroue mikroskopiese lewe te soek en die planeet vir toekomstige ruimtevaarders te verken.

Die VAE se ruimtetuig “Amal”, wat hoop in Arabies beteken, is in ’n wentelbaan geskeduleer om Woensdag weg van Japan gelanseer te word. Dit sal die Arabiese wêreld se eerste interplanetêre sending wees. Die ruimtetuig sal Mars in dieselfde jaar bereik wanneer die VAE hul 50ste bestaansjaar vier.

Die VSA gaan ’n seswiel-voertuig, die Perseverance, Mars toe stuur om klipmonsters in omtrent ’n dekade terug aarde toe te bring om ontleed te word.
China se sending genaamd Tianwen, ofte wel die Vrae vir die Hemel, sal op 23 Julie gelanseer word.

Die moeilikste vir dié drie ruimtesendings gaan wees om in die atmosfeer van Mars in te beweeg.

Die drie lanserings wat amper gelyktydig plaasvind, is nie toevallig nie. Die tydsberekening is as gevolg van Mars en die aarde se gunstige belyning in dieselfde kant as die son. Die venster is gewoonlik net na elke 26 maande vir ’n maand oop en brandstof en tyd word bespaar.
Elke ruimtetuig sal 483 miljoen kilometer aflê voor hulle in Februarie volgende jaar Mars sal bereik. – Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!