Martin, Dippenaar te vinnig vir die res

Tydrenne
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Allan Martin en Jandré Dippenaar het Saterdag onderskeidelik die Namcor Swakop-tydren in die motorafdeling en die veldrenklas gewen.

Martin en sy navigator, Maretha Olivier, het sy J&P Hydraulics 4x4 Skoda S2000 in die S4-klas binne 55 minute oor die agt super sneldele (SS1 tot 8) van altesame 95 kilometer laat vlieg.

Dippenaar en sy navigator, Melvin Gous, het sy V8 PZN 4x4 Fordbakkie ewe bedrewe in 1 uur 1 minuut 15 sekondes laat uithaal om die veldklas-kategorie (CR2) in te palm.

Jaco Redelinghuys en Derek Jacobs (S4-klas) het met sy Gobabis Toyota 4x4 Yaris S2000 in SS1 verdwaal en sodoende meer as elf minute verloor om algeheel derde te eindig. Jannie en George Coetzee wen nie net die S2-klas nie, maar eindig net 22 sekondes voor Redelinghuys vir 'n algehele tweede posisie.

Vir Oswaldo Mendes/Cecil Koorts eindig hul deelname in die S4-klas tydens SS4, terwyl Gino Meyer/Riaan Hennop (S1) ná SS3 moes tou opgooi.

Martin het aan Republikein gesê: “Die manne was ná 'n lang afwesigheid gretig om te jaag. Met Namcor as die hoofborg het ons 'n fantastiese tydren aangebied wat die toeskouers verskriklik geniet het. Die spanne het hulle goed van hul taak gekwyt en is tevrede met die tydren.

“Die roetes was goed beplan en die paaie geskraap wat vir 'n baie, baie vinnige tydren gesorg het. Namcor is so in hul skik met die byeenkoms dat hulle die borgskap vir 2022 reeds verdubbel het. Ons het ook vir Gobabis-motorklub 'n gedeelte beding.

“Namcor se rol tydens die reël van die kompetisie was fantasties. Walvisbaai-motorklub bedank Namcor wat die tydren moontlik en suksesvol gemaak het.”



VELDAFDELING

Ewald en Hein Bisschoff (CR1) eindig tweede in dié afdeling met Rolf en Kai Pretorius (CR2) derde.

Dirk Redman/Flippie Liebenberg (CR2), Wido Bartch/Raymond Fourie (CR1) en Morné Oosthuizen/Ettiene van den Heever (CR1) moes onderskeidelik ná SS5, SS4 en SS4 weens meganiese terugslae halt roep.

Die voorste uitslae:

Algeheel: 1 Martin/Olivier (55 minute), 2 J. Coetzee/G. Coetzee (1 uur 6 minute 10 sekondes), 3 Redelinghuys/Jacobs (1:06:32).

S4-klas: 1 Martin/Olivier, 2 Redelinghuys/Jacobs.

S3-klas: 1 Dewet du Plessis/Willem Hugo (1:38:39).

S2-klas: 1 J. Coetzee/G. Coetzee, 2 Jan Everson/JP Robinson (1:10:54).

S1-klas: 1 Steven Marnewick/Jodine van Zyl (1:15:53), 2 Paul Oosthuizen/Johan du Plessis (1:31:07).



Veldafdeling:

Algeheel: 1 Dippenaar/Gous, 2 E. Bisschoff/H. Bisschoff (1:13:26), 3 R. Pretorius/K. Pretorius (1:16:31).

CR2-klas: 1 Dippenaar/Gous, 2 R. Pretorius/K. Pretorius.

CR1-klas: 1 E. Bisschoff/H. Bisschoff, 2 Jacques Kruger/Roche Louw (1:16:45), 3 Werner Bartsch/Christel Fourie (1:22:16).

Walvisbaai-motorklub bied op 26 en 27 November sy volgende tydren by die kus aan.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!