Maselgevalle styg jaarliks
Henriette Lamprecht - Die aantal gevalle van masels in Namibië styg jaarliks, met 2 350 wat in 2014 aangeteken is teenoor die 1 36 van die vorige jaar.
’n Studie wat met die tegniese steun van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) in die land uitgevoer is, het bevind Namibië het ’n hoë vatbaarheid vir masels en die voortgesette sirkulasie van die maselvirus onder inwoners tot en met die ouderdom van 39 jaar.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MHSS), dr. Bernard Haufiku, het ’n epidemiologiese neiging getoon ’n seisoenale (Augustus tot November) uitbreking kom onder die land se bevolking voor.
Die ministerie immuniseer jaarliks meer as 300 000 kinders onder die ouderdom van vyf jaar om lewenslange beskerming teen sekere kindersiektes te bied.
Dié siektes sluit tuberkulose, polio, tetanus, masels, kinkhoes, hepatitis B en breinvliesontsteking in. Die nasionale maselveldtog vind elke derde jaar plaas en die teikenbevolking vir dié veldtogte is kinders in die ouderdomme van nege maande tot 59 maande, ongeag hul vorige immuniseringstatus.
Masels is ’n akute, hoogs voorkombare virale siekte wat meer ernstig in baie jong en ondervoede kinders is en tot sterftes kan lei.
Volgens Haufiku is die hoë vatbaarheid van die aansteeklikheid van masels te wyte aan die historiese lae immuniseringsdekking wat 95% of meer moet wees om “kudde-immuniteit” te bereik .
Sodoende word verhoed dat die virus van mens tot mens versprei. Hy het voorts gesê die ministerie se dekking die afgelope drie jaar was 82% in 2013, 86% in 2014 en 85% in 2015.
“Vir ’n doeltreffende dekking verwag die WHO van lande om roetine immunisering teen masels vol te hou teen ’n dekking van 95% en hoër om uitbrekings van die siekte te voorkom.”
Sou 95%-dekking nie vir twee opeenvolgende jare bereik of volgehou word nie, bestaan ’n sterk moontlikheid van ’n maseluitbreking in die daaropvolgende jare.
“Om ’n uitbreking te voorkom, stel die WHO voor dat lande met ’n lae dekking elke drie jaar landwyd grootskaalse immuniseringsveldtogte teen masels van stapel stuur. As ’n voorkomende maatreël het ons die huidige voortgesette veldtog begin.”
Haufiku het voorts gesê alle vermeende maselgevalle wat negatief toets, word vir Duitse masels (rubella) getoets. Duitse masels is ’n akute, aansteeklike virale infeksie. Die infektering van ’n swanger vrou kan tot ’n vrugafdrywing, stilgeboorte of aangebore rubella sindroom (CRS) van die kind lei.
“Die risiko hiervan is baie hoog omdat 85% van babas wat in die eerste trimester van swangerskap hieraan blootgestel word, met afwykings gebore word wat weer baie hoë maatskaplike koste-implikasies het.”
Weer, sê Haufiku, wys Namibië se epidemiologiese situasie op ’n voortgesette en deurlopende sirkulasie van dié virus in dieselfde ouderdomsgroep.
Volgens die minister het die WHO in die lig hiervan voorgestel Namibië moet ’n grootskaalse en landwye immuniseringsveldtog teen masels en Duitse masels van stapel stuur wat alle inwoners tot en met die ouderdom van 39 jaar teiken.
“Die doel is om alle individue wat histories deur immuniseringsdienste gemis is of wat té ondervoed was om ná ’n immunisering volle immuniteit te ontwikkel.”
Hy het beklemtoon entstowwe is onder die 21ste eeu se mees suksesvolle, kostedoeltreffende en hoë impak maniere in die openbare gesondheidstelsel om siektes, gestremdheid en sterftes te voorkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie