Masels-uitbreking nou wu00eareldwyd
Masels-uitbreking nou wu00eareldwyd

Masels-uitbreking nou wêreldwyd

Masels, wat hoogs aansteeklik is, kan heeltemal voorkom word deur twee dosisse entstof, berig The Guardian. Masels het in die eerste drie maande vanjaar met 300% wêreldwyd toegeneem teenoor dieselfde tyd verlede jaar, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).Die WGO het ook sy kommer uitgespreek oor veldtogte wat veral op sosiale media...
Masels het in die eerste drie maande vanjaar met 300% wêreldwyd toegeneem teenoor dieselfde tyd verlede jaar, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).Die WGO het ook sy kommer uitgespreek oor veldtogte wat veral op sosiale media gevoer word teen die inenting van babas.Masels, wat hoogs aansteeklik is, kan heeltemal voorkom word deur twee dosisse entstof, berig The Guardian.

Die toename van 300% volg op toenemende getalle oor die laaste twee jaar, sê die WGO in ’n verklaring.

Talle lande sit op die oomblik met redelike groot maselsuitbrekings. Die WGO glo dat net een uit tien gevalle van masels aangemeld word, dus is die situasie erger as wat dit lyk.

Die siekte veroorsaak dat baie mense doodgaan, veral jong kinders, berig Health24.

AANGEMELD IN 170 LANDE

Lande wat op die oomblik onder masels deurloop, is die Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Georgië, Kazachstan, Kirgistan, Madagaskar, Mianmar, die Filippyne, Soedan, Thailand en die Oekraïne.

Altesame 170 lande het 112 163 gevalle aangemeld. Die siekte het die meeste in Afrika gestyg, naamlik met 700% en daarna Europa met 300%. Die toename in die Oostelike Mediterreense gebied is met 100%, die Amerikas met 60% en in Suidoos-Asië met 40%.

Die uitbreking is die ergste in Madagaskar waar 69 000 gevalle aangemeld is. Meer as 1 200 is al dood, maar die WGO sê ’n inentingsveldtog daar begin nou vrugte afwerp, berig Global News.

Masels het in 2017 byna 110 000 mense se dood veroorsaak. Dit is die laaste syfers wat die WGO beskikbaar het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!