Masilingi die trekpleister in die noorde
Masilingi die trekpleister in die noorde

Masilingi die trekpleister in die noorde

Atletiek
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Rietfontein-atletiekbaan, sowat 35 kilometer wes van Grootfontein, is die plek waar Atletiek Namibië se vierde Grand Prix vir die seisoen môreoggend aangebied word.
Afrigter Henk Botha het bevestig dat die 18-jarige Beatrice Masilingi vir die 200 meter sal aantree – wat gewis ’n groot trekpleister vir toeskouers sal wees.
Die talentvolle naelloper wat verlede jaar in Tokio die Olimpiese finaal in dié afstand gehaal en sesde geëindig het, is saam met haar ewe gedugte oefenmaat Christine Mboma aan die opbou vir nog ’n uitdagende seisoen van internasionale deelnames wat binnekort begin.
Masilingi is die nasionale rekordhouer in die 100 meter (11.20), wat sy laas Augustus met haar silwermedalje by die o.20-wêreldkampioenskap in Nairobi behaal het. Drie dae later het sy in die 200 meter selfs nog vinniger as in die Olimpiese finaal genael vir haar persoonlike beste wat tans op 22.18 staan – teenoor Mboma se nasionale en Afrika-rekord van 21.78.
Soos gewoonlik behoort die 200 meters vir mans en vroue die enigste item te wees waarin meer atlete inskryf as wat in ’n enkele finaal hanteer kan word. Die deelnemers word dan in uitdunne geplaas op grond van hul beste vorige tye, met die beste tye van die dag wat met die louere wegstap.
Sover verneem word, behoort verskeie ander van die land se beste baan- en veldatlete die reis na die noorde aan te pak – spesifiek diegene wat opbou na ’n aanslag op kwalifisering vir die Statebondspele wat einde Julie in Birmingham begin.
Die skedule vir die dag:
09:30, vroue 5000 meter; vroue gewigstoot; vroue verspring.
10:00, mans 5000 meter.
10:30, vroue 800 meter.
10:45, mans 800 meter.
11:00, mans verspring; mans gewigstoot; vroue 200 meter.
11:30 mans 200 meter.
12:00, vroue 1500 meter.
12:15, mans 1500 meter.
12:30, vroue 4x400 aflos.
12:45, mans 4x400 aflos.

SKOLE BY EDUGATE SAAM
Edugate Akademie van Otjiwarongo is by die Paresis-baan die gasheer vir ’n Prestige-streekbyeenkoms waaraan verskeie skole bestem is om deel te neem.
Die ouderdomsgroepe vanaf onder 7 tot o.13 is vandag in aksie, voordat die hoërskoolgroepe o.15 tot o.19 môre meeding.
Veral vir die jonger beginners is pretnommers soos krieketbalgooi, verspring vanuit ’n staande posisie en pendelaflos op die program ingesluit, afgesien van die ernstige items soos die naellope, hekkies, verspring, hoogspring, gewigstoot en middelafstande.
Hollard en Securitas is borge van die byeenkoms op Otjiwarongo.
Die lang en indrukwekkende lys van deelnemende skole en klubs beloof ’n baie kompeterende geleentheid: Edugate Academy, Privaatskool Moria, Edugate Otji-klub, Athletics Development Club (Swakopmund), Karstveld Academy, Tsumeb Gimnasium, Goedehoop Privaatskool, Otjiwarongo Christian School, Roots Gimnasium, Windhoek Gimnasium, Privatschule Otjiwarongo, Berg-Op Akademie, Shalom Primary School, QSB-atletiekklub en Gobabis, asook individuele inskrywings.

NAPSO OP STAMPRIET
• Op Stampriet is die Privaatskool Elnatan vandag en môre die gasheer vir ’n streekbyeenkoms van NAPSO (die Namibiese Privaatskole-organisasie), met Santam en die Wimpy Engen 1-Stop op Mariental as borge.
Die ouderdomsgroepe is vanaf onder 7 tot o.19. Die byeenkoms is oop vir privaatskole van oral in die land.
NAPSO bied aanstaande naweek nog twee streekbyeenkomste aan – by Tsumeb Gimnasium asook by Walvisbaai Privaat Hoërskool. Al die geleenthede bou op die grote op 11 en 12 Maart by Pro-Ed Akademie (by The Dome se baan op Swakopmund).
Atlete kan vir die NAPSO-span kwalifiseer en deurentyd die bestaande NAPSO-rekords uitdaag.

FOTO
Namibië se Beatrice Masilingi (regs) op pad na haar silwermedalje in die 100 meter by die o.20-wêreldkampioenskap laas Augustus in Nairobi, toe Jamaika se Tina Clayton die goud verower het. FOTO NAMPA/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A