Master KG groot trekpleister by ekspo
Master KG groot trekpleister by ekspo

Master KG groot trekpleister by ekspo

Namibia Media Holdings blaas nuwe lewe in die plaaslike toerismebedryf deur die Namibiese Toerisme Ekspo vanaf 4 tot 7 November by SKW in Windhoek aan te bied.
Yandi Du Plessis
Michael Kayunde

Jy het net ’n paar dae oor om kaartjies vir die geleentheid van die jaar te koop met ’n propvol program wat uit die room van plaaslike en Suid-Afrikaanse musikante, komediante en sjefs bestaan.

Toerisme-, leefstyl- en vermaakfoendies wag al heel jaar in spanning om die man agter die treffer “Jerusalema” in Namibië te verwelkom.

Master KG, wat internasionaal opslae gemaak het met dié trefferliedjie, sal ekspogangers op Donderdag 5 November vermaak. Dit beloof om een van die ekspo se hoogtepunte te wees.

Behalwe vir sy wêreldwye treffer “Jerusalema” wat al 100 miljoen keer op YouTube gekyk is, sal sy Namibiese aanhangers ook hul lywe kan skud op die musikant en platevervaardiger se ander treffers.

“Ek hoop julle is gereed vir die Namibië Toerisme Ekspo van 2020!

“Ek sal saam met julle dans. Dit gaan dol wees; ek kan nie wag om julle te sien nie. Ons gaan die Jerusalema-challenge saam doen!” belowe Master KG.

Aan die musiekfront is Rubber Duc, Ras Sheehama, Suzy Eises, Riaan Smit, Victor Green en Vaughn Ahrens wat elk hul eie energie na die verhoog sal bring.

Behalwe vir musiekoptredes kan ekspogangers ook uitsien om die lagtrane te prikkel wanneer topkomediante, insluitend Dalin Oliver, Slick, Fernando, Taap The Guy, Kurt Schoonraad en Big Mitch, die verhoog betree.

DJ Kiki en DJ Cellos sal agter die draaitafels inskuif.

Volgens die organiseerders van die ekspo, Namibia Media Holdings (NMH), is vanjaar se tema “Hernubare energie”, en sal dit die laaste ekspo wees onder die tema “Ekotoerisme” wat in 2015 begin het.

Gewone toegangskaartjies kos N$50 vir volwassenes en N$30 vir kinders ouer as ses jaar. Pensioenarisse en kinders in uniform mag gratis inkom, maar hulle moet die hekke voor 16:00 elke dag binnegaan. Hekke open elke dag om 12:00 en sluit om 20:00.

“’n Beperkte aantal kaartjies is vir elke dag beskikbaar om die besoekersgetalle te bestuur. Kaartjies kan aanlyn by eticket.my.na gekoop word.”

Die ekspo sal elke aand ’n vermaakgleuf vanaf 16:00 tot 23:00 aanbied. Kaartjies word afsonderlik in pakkette van ses verkoop en elke groep van ses het hul eie bespreekte ruimte van 3 x 3 meter.

“Dit verseker ’n veilige ruimte vir elke groep en slegs 150 kaartjies is vir elke aand beskikbaar. Elke kaartjie skep ruimte vir ses mense,” lui ’n verklaring van NMH.

Neem kennis daar sal elke aand ses vertonings wees; die eerste twee sal proe- en kookprogramme wees; derde en vierde volg komedievertonings en die laaste twee is musiekoptredes.

“Daar is dus ’n wye verskeidenheid vir almal. Kom sluit by ons aan vir vier aande van topklas-vermaak!”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!