Matheus hard gejaag in Hangana-marathon

Toestande was gunstig vir goeie prestasies in die tradisionele kuswedloop.
Otis Finck
Otis Finck - Jesaja Matheus van Korrektiewe Dienste se padwedloopklub het Saterdag die Hangana 42.2 km marathon gewen. Hy het die roete van Swakopmund na Walvisbaai in een uur 20 minute 37 sekondes afgelê.

Die byeenkoms, voorheen bekend as die Lucky Star Marathon, dra nou die naam Hangana Hake Run & Ride. Dit bly die oudste jaarlikse byeenkoms vir padwedlope aan die Namibiese kus.

Die weer het mooi saamgespeel toe meer as 500 hardlopers en fietsryers van so ver as Australië, die VSA, Kanada en oral in Namibië byeengekom het.

Vir ernstige hardlopers dien die marathonwedloop as 'n kwalifiserende geleentheid vir die Twee Oseane- en Comrades ultramarathons in Suid-Afrika.

Die padfietsbyeenkoms oor 105 kilometer is boonop op die Namibiese Fietsryfederasie se lys van amptelike ritte.

Sakaria Shifotoka het in die mans marathon tweede klaargemaak – in 2:20:38 op Matheus se hakke, terwyl Erich Goeieman die derde plek in 2:24:27 ingeneem het.

Stephanie Smith het die vrouemarathon in 2:54:24 gewen, voor Risa Drey (tweede in 3:17:26) en Laura Parker (3:28:53).

Mynhardt Kauanivi, wat sy Olimpiese debuut verlede jaar in Rio de Janeiro gemaak het, het die halfmarathon vir mans gewen. Sy wentyd van 1:12:40 was darem met 'n mate van gerief voor Tangeni Sackaria (1:14:57) met Eino Kambonde derde in 1:20:36.

Beata Naigambo, 'n veteraan van drie Olimpiese Speles, het die 21.1 km halfmarathon in 'n tyd van 1:16:37 in die eerste plek voltooi. Tania Wiese het tweede klaargemaak (1:43:29) en Julia Feliner was derde in 1:46:26.

Salmi Ndaviteko was die vinnigste vrouehardloper in die 10 km wedloop en het die eindstreep in 32 minute 12 sekondes gehaal. Elizabeth Kawiwi was volgende in 36:04 met Elizabeth Elias derde in 37:48.

Die 10 km manswenner Kornelius Nghilyeedele se wentyd van 27 minute 23 sekondes het hom voor Arnoles Tjihuro (tweede in 35:29) en Johan du Plessis (38:09) geplaas.

Die 10 km junior wenners was Setian Huisemab by die mans (34:23) en Ada Khal by die vroue (48:43).

Op die padfiets was Jo-Joe Hamunyela die wenner van die 105 km elite mansresies in 2 ure 51 minute 29 sekondes. Hy moes egter voortdurend hard werk om die eindstreep voor vernuftige ryers soos Lotto Petrus (tweede) en Drikus Coetzee (derde) te haal.

Silke Pritzen het die elite vrouekategorie in 3:51:08 gewen, gevolg deur Lorinda Viljoen in die tweede plek.

Oor die korter bergfietsry-item van 21 km was Danica Visser die wenner in 54:28, terwyl Wynand Gouws eerste van die mans was (44:16).

Daar was ook pryse vir die 21 km bergfietsryers wat op dikwielfietse eerste in hul kategorie klaargemaak het, soos Marion von Maltzahn (meesters vroue), Lonel Smith (veteraan vroue), Karen Till (subveteraan vroue), Robert Schaaf (mans subveterane), Sven Strotmenger (veteraan mans), Torsten Herrman (meesters mans) en Johan Terblanche (grootmeesters).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!