Matriks deur Joan Hambidge
Die digter se poging tot lewe-deur-poësie, tot skrywende sinmaak uit wat tans gebeur en gebeur het en die ewige wordingsproses van ’n skrywerslewe, kom in hierdie ryk bundel aan bod, met al die elemente wat aanhangers van ’n Hambidge-bundel verwag: Die verhouding met die ouers en familie, gesprekvoering met ander skrywers, liefdesverhoudings en hul eindes, reise na verre plekke en gedigte met beelde en bekende sterftes as vertrekpunt.
En altyd ’n flink digterlike reaksie op gebeure wat die tydvak ontwrig of ontstem, veral waar dit afskeid en aflegging behels.
Joan Helene Hambidge is op 11 September 1956 op Aliwal-Noord gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Standerton. In 1979 verwerf sy haar BA Honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy voltooi haar MA-graad aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van prof. Elize Botha en verwerf ’n PhD aan die Universiteit van Rhodes onder prof. André P. Brink se leiding. Sy is dosent en later ook hoogleraar aan die Universiteit van die Noorde, en sedert 1992 is sy verbonde aan die Universiteit van Kaapstad. In 2001 behaal Joan haar tweede doktorsgraad, dié keer in kultuurstudies, aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is tans ’n professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.
Joan debuteer in 1985 met die bundel Hartskrif en ontvang die Eugène Marais-prys in 1986 vir haar tweede bundel, Bitterlemoene. Haar 22ste digbundel, Vuurwiel, het in Februarie 2009 verskyn.
Die poësie boek (ISBN: 9780798169622) word deur Human & Rousseau gedruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie