May kap Boris se Brexit-plan
Theresa May, Britse premier, het in ’n kwalik bedekte aanval Boris Johnson, haar waarskynlike opvolger, se benadering van “do or die” om die Europese Unie (EU) op 31 Oktober te verlaat gekritiseer.
Sy hou vol dat die beste manier om die EU te verlaat met ’n geldende ooreenkoms is, berig The Guardian.
Sy het Sondag haar laaste EU-beraad as Britse premier in Brussel bygewoon en daar na Johnson se siening oor die kwessie gekap.
Johnson meen indien die EU nie bereid is om weer oor die bestaande onttrekkingsooreenkoms te onderhandel en die sogenaamde Ierse agterdeur te verwyder nie, sal hy Brittanje sonder ’n ooreenkoms uit die EU vat.
Dit lyk waarskynlik dat die Konserwatiewe Party Johnson tot leier sal verkies wanneer May uittree.
“Ek het dit die heel tyd duidelik gestel dat ek meen die beste benadering vir Brittanje is om eerstens seker te maak dat ons die beloftes van die 2016-referendum om die EU te verlaat nakom, maar dat ons dit doen op grond van ’n goeie ooreenkoms sodat dit ordelik geskied,” het May volgens PoliticsHome gesê.
May meen steeds sy het ’n goeie ooreenkoms beding.
“Ek het nie daarin geslaag om die meerderheid in die parlement sover te kry om die ooreenkoms te steun nie. Dit is nou my opvolger se taak om daardie meerderheid te kry, stembeloftes na te kom en ons vorentoe te vat.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie