May vergader met Merkel, Macron oor Brexit
May vergader met Merkel, Macron oor Brexit

May vergader met Merkel, Macron oor Brexit

Theresa May, premier van Brittanje, sou gister na Duitsland en Frankryk reis om met Angela Merkel, kanselier van Duitsland en pres. Emmanuel Macron van Frankryk oor ’n moontlike uitstel van Brexit te vergader.

Dié vergaderings word gehou voor May vandag 'n noodberaad van die Europese Unie (EU) oor Brexit in Brussel bywoon.

EU leiers gaan dan stem of hulle ten gunste is van May se versoek om Brexit tot 30 Junie uit te stel. Sy het hierdie versoek vroeër in 'n brief aan hulle gerig.

Sou een van die 27 EU-lede die uitstel veto, moet Brittanje die EU om 22:00 op Vrydag, 12 April verlaat, sonder 'n ooreenkoms om die ekonomiese skok daarvan te versag.

May het die ekstra tyd nodig om met Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty in Brittanje, ooreen te kom oor wat die Brexit-ooreenkoms gaan behels.

Corbyn wil hê Brittanje moet nouer bande met die EU behou as wat May se plan nou daarna uitsien.

Die meerderheid Britse parlementslede het reeds herhaaldelik in die laerhuis teen May se Brexit-plan gestem.

Haar ministers sou intussen gister verder met Corbyn se onderhandelingspan vergader om tot 'n kompromie te probeer kom. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer