May verstom toe sy wu00eareld oor stokou plan warm bel
May verstom toe sy wu00eareld oor stokou plan warm bel

May verstom toe sy wêreld oor stokou plan warm bel

Die Britse premier kon glo nie met ’n plan B vorendag kom nie, wat Europese diplomate verstom het.
In een woord: Stomgeslaan!

Só som die Britse media die hernude pogings van premier Theresa May op nadat sy Vrydag krisissamesprekings met EU-leiers gehou het.

Maar May kon glo met geen nuwe voorstelle vorendag kom nie.

Volgens die Express was die begin van die naweek ’n bedrywige een vir May: Sy het begin met dringende samesprekings met pres. Jean-Claude Juncker van die Europese Kommissie, waarna sy laat Vrydagnag ter elfder ure ’n groot groep ministers in die kabinet na 10 Downing Street ontbied het.

Sy het glo ook die telefone van dr. Angela Merkel, Duitse bondskanselier, en Mark Rutte, Nederlandse premier, warm gebel.

Sy kon egter nie met ’n plan B vorendag kom nie, wat Europese diplomate verstom het, berig The Telegraph.

Dit kom ten spyte daarvan dat haar plan vandeesweek met ’n marge van 230 deur die Britse parlement afgestem is.

Veral May se oproep aan Merkel het senior EU-diplomate in ongeloof gelaat.

“Dit was dieselfde ou storie – dieselfde stel eise, almal onveranderd ten spyte van haar nederlaag,” het ’n bron aan dié koerant gesê.

May het daarna ook pres. Emmanuel Macron van Frankryk en Leo Varadkar, Ierland se eerste minister, gebel – met dieselfde storie.

Sowel die Duitse as Nederlandse regerings het aangedui die oorspronklike plan kan nie verander nie, volgens die Daily Mail.

As May nie konsensus onder politieke leiers kan bewerkstellig nie, sal die wêreld se vyfde grootste ekonomie op 29 Maart die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat óf genoodsaak wees om Brexit uit te stel.

’n Algemene verkiesing is ook moontlik en daar is ook ’n aandrang op nog ’n referendum. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer