Maya en Paula kom huis toe
Die Delgado-Lühl-gesin van Windhoek kan uiteindelik herenig word. Dit volg nadat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit vandag eenmalige noodreisdokumente aan die tweeling, Maya en Paula Lühl, uitgereik het.
Twee maande na dié tweelingsussies in Durban gebore is, kan hulle eindelik huis toe kom om hul ouboet, Yona, te ontmoet.
Die noodreisdokumente is uitgereik nadat Phillip Lühl, hulle Namibiese aanneempa, Maandag noodgedwonge 'n tweede dringende hofaansoek gebring en die hoërhof weer gevra het om dié ministerie te verplig om op 'n amptelike aansoek om reisdokumente goed te keur.
Hier is die tweeling saam met hul aanneemouers in Suid-Afrika. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie