• Tuisblad
  • Sport
  • Mayweather se vreemde keuse vir geveg op hoteldak
Mayweather se vreemde keuse vir geveg op hoteldak
Mayweather se vreemde keuse vir geveg op hoteldak

Mayweather se vreemde keuse vir geveg op hoteldak

Boks
Die eens gerespekteerde bokser Floyd Mayweather se keuses van teenstanders vir vertoongevegte raak al hoe vreemder.

Volgens Sky Sports gaan Mayweather volgende maand in Dubai teen die 20-jarige Rashed Belhasa, beter bekend as die YouTuber Money Kicks, boks.

Dié “geveg” gaan glo op die helikopterlandingstrook bo-op die Burj Al Arab Jumeirah-hotel plaasvind.

Belhasa, wat nog net aan twee gevegte deelgeneem het, sê hy sien kans vir Mayweather.

“Jy weet nooit nie, enige hou kan tref en ek slaan baie hard. As hy my onderskat, kan enigiets gebeur,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy “saam met leeus grootgeword het” en vir niks skrik nie.

Volgens hom het Mayweather, wat verlede jaar teen nog ’n YouTuber Logan Paul geboks het, hom vir die geveg gekontak.

“Logan het reeds vir my ’n paar wenke gegee oor hoe ek teen Floyd moet baklei,” het Belhasa gesê.

Mayweather het in 2017 sy laaste amptelike boksgeveg gehad toe hy teen die hokvegter Conor McGregor gebaklei het. Dié vertoning, asook sy latere publisiteitsfoefies teen onindrukwekkende opponente, word deur bokskritici as ’n teleurstellende einde tot ’n briljante boksloopbaan beskou.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!