Mbanda nou in 'die loopgrawe' in Italië
Rugby
Die Italiaanse rugbyspeler Maxime Mbanda bevind hom nou in 'n totaal nuwe – en absoluut noodsaaklike – rol: dié van nooddiens-ambulansbestuurder.
Was dit nie vir die chaos wat die koronavirus wêreldwyd (en veral in sy tuisland Italië) veroorsaak nie, kon dié Zebre-flank verlede naweek teen Engeland in die Sesnasiesreeks se laaste wedstryd gespeel het.
Omdat die reeks egter weens die virus van die baan was, het Mbanda besluit om sy dienste in die loopgrawe aan te bied.
“Toe alle rugby gekanselleer is, het ek gewonder hoe ek kan help, selfs sonder mediese vaardighede,” het Mbanda, wat 20 toetse op sy kerfstok het, volgens rugbyrama.fr aan AFP gesê.
“Só het ek die Yellow Cross gevind, wat vervoerdienste vir medisyne en kos vir bejaardes aanbied.”
Mbanda het kort daarna begin om 'n verskeidenheid take te verrig: van maskers aflewer tot pasiënte vervoer.
Hy sê hy het vir agt dae aaneen twaalfuur-skofte gedoen en kon nie bekostig om moeg te word nie.
“Ek vervoer pasiënte (met Covid-19) van een hospitaal in die streek na 'n ander. Ek help met die draagbaar of as daar pasiënte is wat uit rolstoele gedra moet word. Ek help ook met suurstof.
“Vyf-en-negentig persent van hospitaalstrukture word aan pasiënte met die virus toegewy. As mense sien wat ek in die hospitale sien, sal daar nie meer lang rye by supermarkte wees nie.
“Hulle sal beslis twee, drie of vier keer dink voor hulle hul huise verlaat, selfs om te gaan draf.
“Wat ek sien, is mense van alle ouderdomme op ventilators, met suurstofmaskers, dokters en verpleegsters op diens tot laataand wat heeldag nie vir 'n minuut slaap nie. Ek wens ek kon sê die situasie hier is so erg as wat dit kan wees, maar ek is bevrees ek moet sê dit is nie meer die geval nie.”
Mbanda, wie se pa 'n Kongolees is, het sedert sy debuut in 2016 reeds in 20 toetse vir Italië gespeel, insluitend verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie