Mbeki in ‘moeilikheid’ oor uitlatings oor Winnie
Oudpres. Thabo Mbeki het Dinsdag op sosiale media fel deurgeloop onder kritiek nadat hy verskeie opspraakwekkende stellings oor die ontslape Winnie Madikizela-Mandela gemaak het.
Oudpres. Thabo Mbeki het Winnie Madikizela-Mandela as ’n strydros teen die apartheidsregime beskryf in ’n regstreekse TV-uitsending by sy stigting in Killarney, Johannesburg. Hy het met Xoli Mngambi van eNCA gepraat.
Hy het ook gesê sy het na die ANC se magsoorname soms die opdragte van haar eie party geïgnoreer. Sy het byvoorbeeld ’n reis na Wes-Afrika sonder toestemming onderneem. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat sy in Maart 1995 deur oudpres. Nelson Mandela as adjunkminister van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie van haar pligte onthef is.
Tydens ’n uitsending op SABC News het Mbeki Madikizela-Mandela gekritiseer vir ’n toespraak wat sy op 13 April 1986 in Munsieville gemaak het, waarin sy mense skynbaar aangepor het om vyande van die party met die halssnoermetode te vermoor.
“Ons sal saam, hand in hand met ons boksies vuurhoutjies en ons halssnoere hierdie land bevry,” het sy destyds gesê.
“Dit was verkeerd,” sê Mbeki.
“Oliver Tambo het toe reeds gesê ons moet ophou met halssnoermoorde, want dit was verkeerd en sleg. Dit was in der waarheid ’n taktiek van die regime wat teen ons gebruik is, dit is waar dit vandaan gekom het.”
Madikizela-Mandela het volgens Mbeki ook in die stryd teen apartheid die ANC-leierskap se opdrag om die berugte Mandela United-sokkerklub te ontbind verontagsaam.
Oliver Tambo het tussenbeide getree om aan haar te sê hierdie ding is verkeerd. Kom ons doen dit nie, kom ons beweeg weg van hierdie ding af.
Die ANC het in 1989 ’n spesiale komitee gestig om Madikizela-Mandela te oortuig om vier seuns vry te laat wat deur die klub, wat as haar persoonlike lyfwagte opgetree het, ontvoer is.
“Oliver Tambo het tussenbeide getree om aan haar te sê hierdie ding is verkeerd. Kom ons doen dit nie, kom ons beweeg weg van hierdie ding af. Dié ingryping het nie gewerk totdat kamerade hier, van die UDF soos Frank Chikane ingegryp het nie,” het Mbeki aan Sophie Mokoena, SAUK-verslaggewer, gesê.
Stompie Seipei, een van die ontvoerde seuns, is op 1 Januarie 1989 aangerand en vermoor. Madikizela-Mandela is in 1991 ’n opgeskorte vonnis vir die rol wat sy daarin gespeel het, opgelê.
Mbeki sê mense moet onthou Madikizela-Mandela was slegs een individu in ’n kollektiewe beweging en dat daar byvoorbeeld nooit so ’n ophef van Walter Sisulu se vrou, Albertina, gemaak is nie.
“Mamma Sisulu het nie dieselfde mediadekking as Winnie gekry nie, maar tog kan jy nie sê sy het ’n minder belangrike rol gespeel nie.”
Mbeki het ook verwys na ’n voorval in 2001 met die Jeugdagvieringe toe hy en Madikizela-Mandela in ’n rusie betrokke was en hy haar hoed van haar kop afgestamp het.
Mamma Sisulu het nie dieselfde mediadekking as Winnie gekry nie, maar tog kan jy nie sê sy het ’n minder belangrike rol gespeel nie.
Mbeki sê dat Madikizela-Mandela daarvan gehou het om met opset laat op te daag vir geleenthede sodat sy applous kon kry. “Ek het vir haar gesê sy kan nie hierdie verkeerde ding doen nie, en met die handgebare wat daarmee gepaardgegaan het, het ek haar hoed afgestamp.”
Twitter-gebruikers het Dinsdag met woede op Mbeki se uitlatings reageer.
“Thabo Mbeki is ’n koue mens. Daardie onderhoud wat hy oor Mamma Winnie Mandela gegee het was meer soos ’n openbare lesing en daar was geen moeite om ’n nasie wat rou te vertroos nie,” sê @Nape_MM.
“Hy het homself op ’n troontjie geplaas as ons morele en politieke kompas. Ons moet hom vasvat. Hy is buite orde.”
@AndiswaMadikazi sê Mbeki het destyds genoeg stemme gehad om die land terug te neem, maar het meer daarin belang gestel om whiskey in Londen te drink terwyl Madikizela-Mandela besig was om op die tuisfront vir haar mense te veg.
“Gewilde figure soos Mbeki is baie gevaarlik, want baie mense fokus op wat hulle te sê het en vergeet wat die konteks is wat goeie leiers maak,” sê @Lutho_ZA
“Mense is mal oor hul vals helde, totdat hulle ontbloot word.”
Mokone Ratshitanga, Mbeki se woordvoerder, het by navrae versoek dat die media hom later skakel, maar toe nie weer sy foon geantwoord nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie