• Tuisblad
  • Sport
  • Mboma en Masilingi terug in kollig by Grand Prix

Mboma en Masilingi terug in kollig by Grand Prix

Die twee wêreldklas nuusmakers is môre opnuut die groot attraksie.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Atletiek Namibië bied môre sy tweede Grand Prix-reeksbyeenkoms (uit tien vir die jaar) by die Onafhanklikheidstadion in Olympia aan.

Wat die items betref, verskil môre se kompetisie aansienlik van verlede naweek se Grand Prix in Swakopmund.

Die 100 meter vir mans en vroue maak plek vir die 200 vir beide geslagte. Dus sal Christine Mboma (11.25 sekondes) en Beatrice Masilingi (11.37) nie môre al kan uitvind of huolle dalk hul tye van die eerste Grand Prix kan verbeter nie.

Die 400 m vir mans en vroue maak plek vir die 400-hekkies, terwyl vroue die 5 000 m sal aandurf. Die gewilde 800 meter (mans en vroue) kan ook groot byval vind, wat nie in Swakopmund op die program was nie.

Volgens mnr. Henk Botha, afrigter van Mboma en Masilingi, sal sy twee uitblinker­atlete vir die 200 aantree. Weens 'n strawwe voorseisoense oefenprogram is beide atlete tans nog besig om op te bou na hul beste peil, het hy opnuut benadruk.

Indien hul vertoning verlede naweek egter 'n aanduiding is van wat môre wag, sal hulle opnuut die tartan aan die brand hardloop.

Hoewel atletiek in Namibië nie net deur Mboma en Masilingi verteenwoordig word nie, is daar min (indien enige) ander kandidate op die kortlys vir vanjaar se twee groot byeenkomste in Statebondspele (Birmingham in Julie/Augustus) en die wêreldkampioen­skap (Eugene, Oregon, VSA, 15 tot 24 Julie).

Die marathon-veteraan Helalia Johannes (41) kan moontlik die enigste ander kwalifiseerder wees. Sy het verlede jaar Augustus by die Olimpiese Spele in Tokio elfde in 'n heel skaflike 2 uur 31 minute 22 sekondes geëindig. In Desember 2020 het sy in Spanje met 2:19:52 'n Namibiese nasionale rekord opgestel.

Dié veteraan was ook reeds vier keer by die wêreldkampioenskap in aksie waar sy onderskeidelik in 2:50:19 (55ste, Duitsland), nie klaargemaak nie (2013, Rusland), 2:32:01 (19de, Engeland) en 2:34:15 (bronsmedalje in Doha, Katar) behaal het.

Sy is 'n viermalige Olimpiër. In 2008 was haar eerste Olimpiese marathon-verskyning in Beijing (2:35:22, 40ste), 2012 Londen (2:26:09, 11de), 2016 Rio de Janeiro (2:39:55, 56ste) en 2021 Tokio (2:31:22, 11de).

Johannes se grootste oomblik was sekerlik in Australië by die 2018 Statebondspele toe sy die goue medalje in 2:32:40 verower het.

Die kwalifiserende standaard vir Eugene in die vrouemarathon is 2:29:30 en vir Birmingham 2:38:19. Johannes het reeds haar kwalifisering vir beide verseker toe sy Novembermaand die New York-marathon in 2:26:09 afgelê het.

Mboma en Masilingi het beide reeds verlede jaar vir die Statebondspele en die wêreldkampioenskap in die 200 gekwalifiseer, met hul vertonings in die Olimpiese finaal.

Vroue in die 100 meter moet 11.15 vir deelname aan die wêreldkampioenskap aanteken, terwyl die Statebondspele se kwalifiserende vereiste met 11.20 'n rapsie ligter weeg.

Die jeugdige Ryan Williams sal nog heelwat op sy beste vertoning in die diskusgooi (53.92 m, Namibiese senior rekord) moet verbeter om vir Eugene (66.00 m) of vir Birmingham (59.92 m) te kwalifiseer.

Atlete het tot 29 Mei om kwalifiserende vertonings vir Eugene te lewer.





PROGRAM VIR MÔRE

09:00 5 000 meter vroue.

09:30 gewigstoot vroue; verspring vroue; diskusgooi mans; hoogspring mans; 400 m hekkies vroue.

09:45 400 m hekkies mans.

10:00 driesprong mans; spiesgooi mans.

10:30 diskusgooi vroue; 800 m vroue.

10:45 800 m mans.

11:00 200 m vroue.

11:15 200 m mans.

12:00 4x400 aflos vroue.

12:15 4x400 aflos mans.

FOTO
Beatrice Masilingi (links) en Christine Mboma druk mekaar in die 100 meter laasnaweek in Swakopmund.
Helalia Johannes met haar goue medalje wat sy by die 2018 Statebondspele in Australië opgeraap het. Foto's Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.9 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.27 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.65/OZ UP +0.09% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.64/BBP DOWN -0.021 | Platinum US$ 987.27/OZ DOWN -0.0011 #N/A