Mboma vee eie wêreldrekord uit
Hoewel nie elke item van die nasionale kampioenskap opwinding veroorsaak het nie, was die naellope niks minder as vuurwerke nie.
Tielman van Lill – Met ’n blitsige nuwe o.20-wêreldrekord in die 400 meter vir vroue was die 17-jarige Christine Mboma Saterdagnamiddag die middelpunt van die toeskouers se jillende plesier by Atletiek Namibië se nasionale kampioenskap in Windhoek.
Mboma – reeds vinniger as wêreld se senior 400-atlete sover vanjaar – het skaars ses dae tevore in Lusaka die 30-jaaroue o.20-rekord van Grit Breuer (Duitsland) van 49.42 tot 49.24 gesnoei. Saterdag was sy opnuut witwarm met 49.22 sekondes.
Mboma, wat in die finaal opnuut baie stadig weggespring het, was ná die eerste 100 m ver agter Beatrice Masilingi (18) wat los voor gehardloop het. Mboma het by die 200 m-merk nader aan Masilingi geskuif met net sowat vier meter wat hulle skei. Mboma het haar kragtige mededinger stelselmatig om die laaste draai ingekatrol en toe hulle die pylvak inkom, was beide kop-aan-kop, maar Mboma het op klassieke wyse versnel om gemaklik met sowat vier meter te wen. Masilingi was tweede in 50.05 en Nandi Vass derde met 58.19.
In hul 400-uitdunne het Masilingi en Mboma draf-draf onderskeidelik met 57.93 en 56.04 deurgedring.
• In die 4x100 vroueaflos het Mboma, Ané Rautenbach, die 100-kampioen Jolene Jacobs en Masilingi gistermiddag skouspelagtig saamgespan vir ’n nuwe nasionale rekord van 44.77 sekondes. Die vorige rekord het bykans agt jaar gestaan, toe Lilanné Klaasman, Alyssa Conley, Tjipekapora Herunga en Globine Mayova in Julie 2013 in Luzern saamgespan het vir ’n 45.49.
• In die vroue 100 m-uitdunne was Masilingi ongelukkig gediskwalifiseer toe sy te vroeg weggespring het, anders was daar selfs meer perde in die finaal.
In haar uitdun was Jolene Jacobs met 11.35 soos blits – vinniger as die nasionale rekord van 11.38 wat tans deur Masilingi en Globine Mayova gedeel word, hoewel die wind van agter (3.7 m/s) te sterk was.
Met die aand se finaal was dit bykans windstil (-0.2) en Jacobs nael 11.85 om die goud te wen, terwyl Rautenbach (12.05) die silwer opraap. Rautenbach was vroeër vinniger in haar uitdun (11.80, windstil).
• Die 200-finaal het opnuut vir opwinding gesorg toe Masilingi (22.38) gister met ’n sterk aanslag haar eie nasionale senior rekord laat sidder, maar die wind van agter (+2.7 m/s) het nog ’n rekordpoging gefnuik en haar 22.94 bly vir eers veilig. Masilingi het nietemin los onder Jacobs (23.58) en Rautenbach (23.64) uitgenael.
MANS
Die 100-uitdunne vir mans is deur Gilbert Hainuca (10.14), Elvis Gaseb (10.52) en Ernst Narib (10.70) oorheers.
In die finaal was Hainuca halfpad die voorloper, maar hy beseer sy dyspier en Narib wen sy eerste nasionale 100-titel in 10.73. Even Tjiviju (10.84) is tweede en Elvis Gaseb (10.89) derde met ’n sterk wind van voor. Die gesiggestremde Paralimpiër Johannes Nambala behaal 11.89.
Narib het gister in die 200-finaal ook sy merk gemaak in ’n sege van 20.99, nadat hy met 50 meter oor reeds ’n kenmerkende vinnige wysvinger na die skare uitgeskiet het. Mahmad Bock (21.37) en Elvis Gaseb (21.45) kon nie byhou nie.
• In die 400-finaal het Mahmad Bock ’n verrassing gelewer deur met Ivan-Danny Geldenhuys af te reken. Bock se wentyd (47.48) is nie wonderlik in wêreldstandaarde nie, maar tog vinniger as die gerekende Geldenhuys se 47.72. Derde was André Retief in 48.54.
Retief het opnuut vir Geldenhuys in die 400 hekkiesfinaal opgekeil, maar laasgenoemde het dié keer die goud opgeraap 53.49 teen 53.65.
Ander uitslae van die naweek:
Vroue 100 hekkies: 1 Carien Oosthuizen (15.07), 2 Chrislene Klein-Nienaber (16.46), 3 Xu Huber (21.56).
Mans 110 hekkies: 1 Heino Keister (16.52), 2 Valentino Vlees (18.04), 3 Johan Steyn (18.55).
4x100 aflos mans: 1 Team Namibia A (41.15) Bradley Murere, Sandro Diergaardt, Mahmad Bock, Even Tjiviju.
800 vroue: 1 Christine Mboma (2:11.96), 2 Salmi Nduviteko (2:15.33), 3 Angala Tuuliki (2:24.73).
800 mans: 1 Vaino Ashuulu (1:52.10), 2 Dawid Dam (1:52.91), 3 Arno Angula (1:54.01).
1500 vroue: 1 Salmi Nduviteko (4:51.87), 2 Saara Shikongo (4:54.40), 3 Indileni Mweshamenkange (5:02.33).
1500 mans: 1 Dawid Dam (3:58.63), 2 Tomas Shigwedha (4:02.15), 3 Tangeni Sakaria (4:04.09).
5 000 vroue: 1 S. Shikongo (18:54.88), 2 N. Nghishoongele (19:05.17), 3 Victoria Kaliteka (20:06.90).
5 000 mans: 1 Daniel Paulus (14:24.88), 2 T. Shigwedha (14:29.39), 3 Wilhem Hangula (15:10.41).
Driesprong vroue: 1 Frieda Iithete (11.95 m), 2 Ashanty Swartz (11.40), 3 (geen).
Driesprong mans: 1 David Afrikaner (14.05), 2 Don Andreas (14.00), Alex Baz Grugeiras (13.82).
Verspring vroue: 1 Ashanty Swartz (5.46 m), 2 C. Mboma (5.45), 3 F. Iithete (5.41).
Verspring mans: 1 Sandro Diergaardt (7.63 m), 2 Aston Mukwiilongo (6.65), 3 Terence Beukes (6.61).
Hoogspring vroue: 1 Chrislene Klein-Nienaber (1.60 m), 2 Meriam Minin (1.45), 3 Carla Schutz (1.45).
Hoogspring mans: 1 Emmanuel Samuntu (1.95 m), 2 Wencuslaus Klaasman (1.95), 3 Heino Keister (1.90).
Diskusgooi vroue: 1 Tuané Silver (40.40 m), 2 Chriselda Jenkins (38.98), 3 Bre-Anne Jenkins (30.91).
Diskusgooi mans: 1 A. Brand (39.59 m), 2 Petri Bruwer (38.30), 3 Ludwig Huber (37.75).
Gewigstoot vroue: 1 Tuané Silver (12.96 m), 2 Chriselda Jenkins (10.78), 3 Edelle van Zyl (9.63)
Gewigstoot mans: 1 André Brand (11.31 m), 2 Ludwig Huber (11.08), 3 William van Wyk (11.00).
Spiesgooi vroue: 1 Jorinda Fourie (39.70 m), 2 Jené Hattingh (36.96), 3 E. van Zyl (34.66).
Spiesgooi mans: 1 Jasper Engelbrecht (59.20 m), 2 Ludwig Huber (59.09), 3 Dirk Theunissen (49.86).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie