McDonald’s se M word W ter viering van vroue
Vir net ’n dag en die eerste keer ooit is McDonald’s se kenmerkende “M” omgekeer.
Wendy Lewis, McDonald’s se hoof van diversiteit, het aan CNN gesê dat dit ter viering van Internasionale Vrouedag is.
Die reuse-“M” is fisiek omgekeer buite een van die wegneemeetplek se takke in Kalifornië, Amerika.
Donderdag is die tradisionele “M” oral op sosiale media en digitale platforms vervang.
Lewis sê McDonald’s keer die handelsmerk om “ter viering van al die uitsonderlike prestasies deur vroue”.
Die restaurant het ook die geleentheid by 100 McDonald’s-takke in Amerika gevier waar werknemers spesiale hoede en hemde gedra het.
McDonald’s sê ses uit tien bestuurders van sy Amerikaanse wegneemeetplekke is vroue. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie