McKenzie begin as All Blacks se heelagter

Rugby
NAMPA
Damian McKenzie sal môre teen die Wallabies vir die All Blacks op heelagter begin, terwyl Sonny Bill Williams ook weer ná sy skorsing ingesluit is.

Die vlugvoetige McKenzie sal sy derde toetsverskyning maak wanneer hy in die openingstoets van die Rugbykampioenskap in Sydney se Olimpiese Stadion uitdraf.

Ben Smith is na die regtervleuel geskuif om McKenzie te akkommodeer, terwyl Israel Dagg, die gereelde regtervleuel, rus.

“Ons voel dat nog 'n week se voorbereiding vir Israel sal goed doen en Jordie Barrett is beseer. So dis voor die hand liggend dat Damian die volgende speler in die ry is as ons nie vir Ben Smith daar wil speel nie,” sê Steve Hansen, hoofafrigter van die Wallabies.

“En ons wil nie vir Ben daar speel nie, ons wil hom vleuel laat speel. Damian speel goeie rugby en was reeds ongelukkig om agter Jordie in die ry te wees. Hy is reg daarvoor. Hy het 'n glimlag op sy gesig en hy's reg om te gaan.”

Liam Squire is ook op steelkantflank in die plek van Jerome Kaino gekies. Squire is een van ses veranderinge aan die span wat in die laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het.

Die vleuel Rieko Ioane, wat twee drieë in die eerste toets teen die Leeus gedruk het, is terug in die span na 'n ongesteldheid en Ryan Crotty het genoegsaam van sy dyspierbesering herstel.

All Blacks: Damian McKenzie, Ben Smith, Ryan Crotty, Sonny Bill Williams, Rieko Ioane, Beauden Barrett, Aaron Smith, Kieran Read (k), Sam Cane, Liam Squire, Sam Whitelock, Brodie Retallick, Owen Franks, Codie Taylor, Joe Moody. Reserwes: Nathan Harris, Wyatt Crockett, Ofa Tu'ungafasi, Luke Romano, Ardie Savea, TJ Perenara, Lima Sopoaga, Anton Lienert-Brown.



BEALE TERUG VIR WALLABIES

Michael Cheika, afrigter van die Walla­bies, het die voormalige rugby­ligaspeler Curtis Rona op vleuel gekies en Kurtley Beale op binnesenter vir môre se Rugbykampioenskap-toets teen Nieu-Seeland in Sydney.

Rona, wat vanjaar vir die Force uitgeblink het, sal die linkervleuel wees nadat Dane Heylettt-Petty, sy spanmaat by die Force, sy boarm beseer het.

Beale is na 'n afwesigheid van twee jaar terug in die span, en Cheika sal hoop die samespel tussen Beale, Bernard Foley en Israel Folau werp vrugte af.

Australië het sy laaste vyf toetse teen die All Blacks verloor.

Voorlangs sal Sean McMahon agtsteman wees, met Michael Hooper en Ned Hanigan die flanke. Hooper is ook die kaptein.

Stephen Moore, voormalige kaptein van die Wallabies, is ook terug in die beginspan.

Wallabies: Israel Folau, Henry Speight, Samu Kerevi, Kurtley Beale, Curtis Rona, Bernard Foley, Will Genia, Sean McMahon, Michael Hooper (kapt), Ned Hanigan, Adam Coleman, Rory Arnold, Allan Alaalatoa, Stephen Moore, Scott Sio. Reserwes: Tatafu Polota-Nau, Tom Robertson, Sekope Kepu, Rob Simmons, Lopeti Timani, Nick Phipps, Reece Hodge, Tevita Kuridrani.– Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!