• Tuisblad
  • Sake
  • McKinsey & Co verloor twee banke as kliënte
McKinsey & Co verloor twee banke as kliu00ebnte
McKinsey & Co verloor twee banke as kliu00ebnte

McKinsey & Co verloor twee banke as kliënte

Standard Bank en Barclays Africa gaan nie hul kontrakte met die internasionale konsultasiegroep McKinsey & Company hernu nie.
Standard Bank se woordvoerder, Ross Linstrom, het aan Fin24 bevestig dat dié bank besluit het om McKinsey se dienste te beëindig. Dit volg nadat Busines Times daaroor berig het. McKinsey is reeds van die besluit ingelig, volgens Linstrom.

Bonita Dordel, McKinsey se direkteur van eksterne verhoudinge en Afrika, wou egter nie kommentaar lewer nie. Sy het aangevoer dis hul benadering tot sulke aangeleenthede om nie oor kliënte kommentaar te lewer nie.

Absa het nog nie op 'n versoek vir kommentaar van Fin24 reageer nie.

Dit volg nadat McKinsey deur die loop van die jaar verbind is aan beweerde onwettige kontrakte met Eskom met behulp van die Gupta-verwante Trillian Capital.

Die firma loop deur onder openbare protes met burgerlike groepe soos Save South Africa en Future SA wat vra vir 'n ondersoek.

Eskom het intussen aan McKinsey en Trillian gevra om R1,6 miljard terug te betaal. Eskom het in 'n verklaring gesê dié geld is in 2016 en 2017 onwettig aan die maatskappye betaal.

McKinsey het gesê hy sal R1 miljard terugbetaal as die hof beslis dat hy onwettig opgetree het.

McKinsey het vroeër erken dat hy sekere oortredinge van sy professionele standaarde gevind het.

McKinsey het egter in dieselfde verklaring gesê hy het nooit betalings gemaak om kontrakte van Eskom te bekom nie.

Die ouditfirma KPMG, wie se reputasie ook skade gely het oor werk wat vir Gupta-verwante maatskappye gedoen is, het reeds talle kliënte verloor. Dit sluit in Foschini, Munich Re of Africa, Sasfin, Sygnia Asset Management, AVI, Hulisani, die Universiteit van die Witwatersrand en Telkom.

Volgens City Press het Standard Bank nog nie 'n besluit geneem oor KPMG nie omdat hy bekommerd is oor die impak wat dit sal hê op die stabiliteit van die finansiële stelsel. Die vervanging van 'n ouditeur van 'n groot bank moet 'n noukeurig beplande oorgang wees, volgens Standard Bank.

Absa, wat ook van KPMG se dienste gebruik maak, het in 'n verklaring gesê hy sal deurlopend sy posisie heroorweeg namate meer inligting beskikbaar raak van die ondersoeke wat tans aan die gang is. – Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!