McNab se boodskap aan die RBG
KAPTEIN JOHN MCNAB SKRYF:
Ten spyte van die mediastorm wat onstaan het, wil die kapteins en raad die volgende onder die aandag van alle ingeskrewe RBG lede en voornemende lidmate bring.
Dat ek, John C A McNab, sedert 1999 tot die hede die verkose en wettige kaptein van die RBG is.
Gedurende September 2018 het die kapteinsraad die bedanking van Martin Dentlinger as provisionele kaptein aanvaar. Die kaptein en kapteinsraad het hierdie aangeleentheid met die nodige versigtigheid hanteer.
In die lig van genoemde bedanking, gevolg deur neerhalende uitlatings, optredes en negatiewe mediaberigte het die kaptein en raad geen ander uitweg gesien nie as om die bedanking te aanvaar, deur binne die raamwerk van die Vaderlike Wet 1872/1874 op te tree. Die kaptein en raad wil dit onomwonde stel dat ten spyte van gerugte wat die rondte doen (veral op sosiale media en in hoofstoom gedrukte media) hierdie beweringe van alle waarhede ontbloot is.
Ten spyte van ons verbintenis tot die Vaderlike Wet en daarmee gepaardgaande verswyging van die feite, het persoonlike aanvalle, agterdog saai, modder gooiery en algehele disrespek vir die kaptein en kapteinsraad vererger. Hierdie vernynige en uiters persoonlike aanvalle het ’n onaanvaarbare vlak bereik wat ons dwing om te antwoord in die media.
Martin Dentlinger was slegs voorgestel as provisionele kaptein en was dus NOOIT die verkose kaptein nie. Die Vaderlike Wet 1872 as konstitusie van die Gemeente is duidelik oor die verkiesingsproses en verkiesing van ’n kaptein. Martin Dentlinger was NOOIT as kaptein deur ’n volksverkiesing aangewys nie. Die indruk wat geskep word dat Martin Dentlinger die kaptein is, is van alle waarheid ontbloot.
Indien daar steeds twyfel bestaan oor die posisie en mandaat wat Martin Dentlinger as provisionele kaptein gehad het, kan u die webwerf www.rehobothbasters.org besoek. In die toespraak wat Martin Dentlinger as provisionele kaptein by die UNPD gelewer het op Vrydag 19 September 2014 verduidelik mnr. Dentlinger in sy toespraak die omstandighede waaronder hy as provisionele kaptein die funksie vervul het.
Verskeie geleenthede was aan Martin Dentlinger gegun om sy standpunt te verduidelik. By een geleentheid het hy verkies om die vergadering te verlaat, sonder enige verskoning of verduideliking van sy standpunt.
Die daarop volgende vergadering het mnr. Dentlinger eenvoudig nie bygewoon nie, alhoewel hy in kennis gestel was en hyself sy teenwoordigheid bevestig het. Ek en die volle kapteinsraad het dus binne die grondwetlike gesag van die Vaderlike Wet 1872 mnr. Dentlinger se bedanking aanvaar. Mnr. Dentlinger was dienooreenkomstig in kennis gestel van die kaptein en raad se besluit.
Mnr. Martin Dentlinger is sedert September 2018 nie meer deel van die struktuur van die kapteinskantoor en of kapteinsraad nie. Indien dit sodanig verkondig word, is dit nie korrek nie. Met die bedanking van Martin Dentlinger as provisionele kaptein was die opskorting van sy mandaat en posisie onmiddellik van krag.
Hiermee wil die kaptein en kapteinsraad verder bevestig dat die skriftelike bevestiging van Martin Dentlinger as provisionele Kaptein, gedateer 16 Mei 2013 en 21 Januarie 2018 en geteken te Rehoboth, teruggetrek en opgeskort word met onmiddellike effek. Indien enige of beide dokumente enigsins voorgelê word, onder watter omstandighede ookal, dra dit geen gesag nie. Hierdie besluit was geneem binne die gesagsraamwerk van die Vaderlike Wet 1872. Ek hoop dat die nuusvrystelling alle misverstande uit die weg ruim.
DIE GRONDKWESSIE
Op Vrydag 2 November 2018 was die Ombudsman besoek vir konsultasie ten opsigte van die erwe wat tans te koop aangebied word deur die Rehoboth-dorpsraad.
Die standpunt van die kaptein en raad is eenvoudig. Onmiddellike opskorting en staking van die verkoop van erwe, sodat voorkeur aan alle begunstigdes van die burgererwe gegee word. Hierdie aangeleentheid is vir meer as 24 jaar vertraag deur die Rehoboth-dorpsraad.
Die Ombudsman is gevra vir bemiddeling uit die aard van sy magte en funksies.
Die kapteinskantoor is van mening dat die vertraging in die toekenning van burgererwe begunstigdes ontneem van hul basiese menseregte en menswaardigheid. Die Namibiese staat onderneem per konstitusionele orde om die waardigheid van elke individu te bevorder. Die reg tot behuising is een van die basiese, fundamentele menseregte. Gelyke behandeling en regte van die gemeente, individueel of kollektief, is absoluut en nie onderhandelbaar nie.
Hierdie vertragingstaktiek van die Rehoboth-dorpsraad is ’n skending van die Baster Gemeente se bestaande regte. Diskriminasie teen, en ongelyke behandeling van die Gemeente as eerste inheemse nasie is teenstrydig met alle internasionale instrumente wat die Namibiese staat onderneem het om te beskerm.
Toekenning van burgererwe het ten doel om toegang tot behuising moontlik te maak en om ’n aanvaarbare lewensstandaard te handhaaf. Hierdie basiese fundamente regte moet deur die Namibiese staat en agentskappe (Rehoboth-dorpsraad) van die staat gerespekteer, geïmplementeer, beskerm en absoluut onderhou word. Die kabinetsresolusie van 1993 ten opsigte van die burgererwe kan nie langer uitgestel word nie.
Artikel 140(3) vorm nie deel van hoofstuk 3 van die Namibiese Grondwet (Fundamentele Regte en Vryhede) nie. Hierdie wetgewing in besonders is ’n voortsetting van erkende en gevestigde individuele regte, daarom moet dit liberaal en met dieselfde beslistheid interpreteer word ter beskerming van alle fundamentele menseregte en vryhede soos uitgespel in hoofstuk 3.
Indien hierdie erkende individuele regte opgeskort of verwerp is/word, moet dit voldoen aan die reëls van internasionale politieke reg en die beginsels van hoofstuk 3, naamlik die reg tot gelyke behandeling, die reg tot menswaardighede asook die reg om eiendom te besit. Die reg van die gesin as natuurlike kerngroep van die samelewing is geregtig op beskerming deur die samelewing en die staat. Hierby word ingesluit die beginsels van die Afrika-handves van Menseregte, die reg van kinders, asook die beskerming en regte van vroue. Van hierdie begunstigdes is of vroue of enkelouers (vroue).
Dit volg logies dat die Rehoboth-dorpsraad as afdeling en implementeringsagent van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling onverwyld tot orde geroep word om dringend aandag aan hierdie sensitiewe aangeleentheid te skenk.
Die kapteinskantoor wag tans op terugvoering van die Ombudsman en sy plan van aksie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling is ook skriftelik in kennis gestel. ’n Strategie en plan van aksie is in plek indien hierdie versoek van kaptein en raad ignoreer word.
Die kaptein en raad maak verder bekend dat daar wyd gekonsulteer is met kundige kenners ten opsigte van die Rehoboth-grondkwessie en regte van die Bastergemeente.
Goeie vordering word gemaak, positiewe terugvoering en samehorigheid is deur hierdie uitreikingsaksies bereik. ’n Paar antwoorde is nog uitstaande van hoogs gerespekteerde internasionale kenners op hul onderskeie vakgebied van spesialiteit. Uiters belangrike dokumente is opgespoor en verkry wat ons saak net versterk.
Terugvoering hieroor sal met die loop van tyd aan die gemeente deurgegee word.
Tans is die kantoor van die kaptein gesluit en sonder ’n administrateur. ’n Paar lastighede word uitgepluis en die kaptein hoop om binnekort ’n aankondiging in die verband te doen.
My versoek aan die gemeente en alle voornemende lede is om geduld aan die dag te lê. Ons verstaan u onrustigheid en honger na inligting, maar wees verseker, oorwinning is binne ons bereik. Ons oorwinning is julle oorwinning.
Die kaptein en raad wil almal veseker dat ons werksaamhede gefokus is op die herstel van ALLE REGTE van die Baster Gemeente. Die herstel van grondregte is hoog op die agenda met gepaardgaande restitusie.
Groete en wees geseënd, volk van Rehoboth! God is met ons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie