MDC-lid skuldig aan oortreding van Zim se kieswet
MDC-lid skuldig aan oortreding van Zim se kieswet

MDC-lid skuldig aan oortreding van Zim se kieswet

The Herald berig dat landdros Gloria Takundwa gesê het die staat het sy saak bo alle redelike twyfel bewys.
Tendai Biti, ’n leier van Zimbabwe se Movement for Democratic Change (MDC)-alliansie, is Maandagoggend op twee aanklagte van die oortreding van dié land se verkiesingswet skuldig bevind.

Dit spruit uit Biti se aangekondig verlede jaar dat Nelson Chamisa, presidensiële kandidaat vir die MDC-alliansie, die verkiesing gewen het voordat Zimbabwe se verkiesingskommissie (ZEC) die amptelike aankondiging van die uitslae in die presidensiële verkiesing bekend kon maak.

ZimLive het getwiet dat hy ’n boete van US$200 (sowat R2 800) betaal het nadat hy op die eerste aanklag ’n boete van US$200 of sewe dae agter tralies en op die tweede aanklag ses maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, opgelê is.

The Herald berig dat landdros Gloria Takundwa gesê het die staat het sy saak bo alle redelike twyfel bewys.

Takundwa het gesê die vonnis is om te voorkom dat die gesag van die ZEC ondermyn word.

Chamisa het ná die verkiesing, wat op 30 Julie verlede jaar gehou is, ’n klag ingedien waarin hy pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe se oorwinning betwis het. Die land se konstitusionele hof het beslis dat Mnangagwa die verkiesing gewen het en die nuwe president is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!