'Meatco hou by wenplan'
Meatco se nuwe waarnemende uitvoerende hoof sê die korporasie sal op die regte pad bly.
Elvira Hattingh - Meatco sal nié van sy omkeerstrategie of vyfjaarplan afwyk nie, sê mnr. Angus Claassen, Meatco se nuutaangestelde waarnemende uitvoerende hoof.
Hy het onlangs tydens 'n video-onderhoud aan Republikein gesê die landboubedryf het dit dalk negatief ervaar toe Meatco as deel van sy rotasie sy vorige waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Jannie Breytenbach, vervang het.
Claassen beklee dié pos sedert die begin van Oktober.
“Daar sal wel voortgegaan word met die omkeerstrategie, want dit is op belangrike pilare gebou - soos om produsente te kry om hul bees aan ons te lewer, die markte wat ons wil betree, asook bedryfsdoeltreffendheid,” het Claassen gesê.
“Die bedryf moet besef mnr. Breytenbach is steeds deel van Meatco se bestuurspan. Ons bestuurslede werk nog altyd baie goed saam en Breytenbach self is steeds positief oor die toekoms,” het hy gesê.
Claassen sê Meatco hoop om voor die einde van die huidige boekjaar, wat in Januarie eindig, 'n permanente uitvoerende hoof aan te stel.
“Dit is groot skoene om vol te staan, want mnr. Breytenbach het uitstekende werk oor die afgelope jaar en 'n half gedoen. Hy het Meatco op die herstelpad geplaas en die nuwe vyfjaarplan begin,” het Claassen gesê.
Hy sê dit was 'n goeie jaar waarin almal hul staal moes wys, en hulle beoog om volgende jaar 100 000 bees te slag.
“Sommige mense voel dit is nie moontlik nie, maar ek dink dit is, solank ons produsente die regte prys betaal en gehalteprodukte aan markte lewer.”
“Die bestuur, insluitende Breytenbach, sit daagliks saam om planne vir volgende jaar te maak.”
Dit volg nadat landbouers onlangs teleurstelling uitgespreek het oor Meatco se skuif.
“Die LPO het met skok en teleurstelling kennis geneem van die rotasie van die uitvoerende bestuurder. Dit was 'n onverwagse skuif in 'n kritieke tyd vir landbou, veral terwyl die vorige uitvoerende hoof hom uitstekend van sy taak gekwyt het.
“Verdere gesprekke sal van die LPO se kant af met Meatco se bestuur en direksie opgeneem word.
“Dit is egter die verantwoordelikheid van Meatco-produsente om tydens die jaarvergadering hul saak verder te dryf,” het die LPO se uittredende voorsitter, mnr. Piet Gouws, gesê.
Beesprodusente het ook tot 23 Oktober tyd om mense te nomineer wat hulle op Meatco se direkteursraad moet verteenwoordig, waarna die ledevergadering op 1 November by die Wanderers-klub in Windhoek sal plaasvind.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie