Meatco se vleis steeds topgehalte
Die jaarlikse oudit is by die Windhoekse fabriek deur die Britse Handelskonsortium gedoen.
Meatco het volgens sy jongste nuusbrief 'n A-klassifisering tydens die jaarlikse oudit van die Britse Handelskonsortium (BHK) by sy Windhoek-fabriek gekry.
“Net ses klein nie-voldoenings is aangeteken wat binne 28 dae reggestel moes word. Meatco het op 31 Mei die laaste regstelling gemaak en wag nou op die sertifisering,” lui die nuusbrief.
“Die foute wat uitgewys is, was operasionele tekortkominge soos oop dreineringspype, 'n vlekvrye staalhouer vir afvalstowwe wat nie gemerk was nie, en die plaagbeheerplan wat nie op datum was nie.”
Volgens Meatco bly dit moeilik om aan die vereistes van die BHK te voldoen, maar met die ondersteuning wat die afdeling vir gehaltebeheer van afdelings soos die bedryfsafdeling ontvang, kon die vereistes nagekom word.
“Die ses klein afwykings is 'n groot verbetering teenoor verlede jaar se 11. As ons so aanhou, sal ons 'n AA-gradering behaal. Meatco raak met elke oudit beter omdat die stelsels aangepas word om aan die vereistes vir 'n suksesvolle oudit te voldoen. Die meerderheid van die 2017-ouditbevindings is deur die bestuurder van Meatco se gehaltebeheerafdeling, Hosea Shaanika, afgesluit.”
Die ouditverslae is op die BHK se webwerf, www.brcdirectory.com, beskikbaar.
Meatco is die grootste vleisverwerking- en -bemarkingsentiteit in die land. Vleisproduksie in die land is onderhewig daaraan dat geen groeihormone gebruik mag word nie en dat diere, soos Meatco se kliënte verkies, in 'n natuurlike omgewing grootgemaak word. Namibiese vleis is ingevolge die Vleisbedryfwet van 2002 vry van groeistimulante en hormone.
Dus koop Meatco vleis aan by enige produsent wat by hierdie boerderypraktyke hou en 'n eindproduk verseker wat uniek, sag en smaakvol is asook gesonde eetgewoontes bevorder.
Meatco maak ook van intensiewe produksiestelsels, soos voerkrale, in die produksieketting gebruik. Beeste word in die voerkrale gehou totdat hulle die vereiste slaggewig bereik en kry voer wat natuurlik geproduseer is.
“Die dierewelsynpraktyke wat gevolg word, verseker gesonde vleis en omdat die diere nie onder moeilike omstandighede grootgemaak word of die verkeerde voer kry nie, word vleis van 'n hoë gehalte geproduseer,” lui die nuusbrief.
“Weens die goeie higiëniese prosesse wat van die produksiefase tot met die verpakking gevolg word, en die hoë standaarde waaraan voldoen word, kan 'n raklewe van ses maande op ons vleis gewaarborg word.”
By die abattoir word basiese vereistes streng beheer, soos die voldoening aan higiëne en gehalte, die toestande waaronder die diere geslag word en die temperatuur waarby die vleis gestoor word. Meatco verseker dat die finale produk wat plaaslike en internasionale kliënte ontvang, van die beste gehalte is.
Meatco se produsente word ook deur die Vleisraad van Namibië se Farm Assured Namibian Meat-skema (FANMeat) gesertifiseer nadat hulle die nodige opleiding ontvang het om diere van 'n goeie gehalte vir die markte te produseer.
Die oudit is deur Deborah Wortelhock van die sertifiseringliggaam Kiwa PAI gedoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie