Meatco se voorsitter, ondervoorsitter en derde direksielid bedank
Die voorsitter en ondervoorsitter van die beleërde uitvoerabattoir, Meatco, het pas aangekondig hulle het uit die direksie bedank saam met die lid wat die kommersiële vleisprodusente verteenwoordig.
Mnr. Johnnie Hamman (foto), voorsitter, sê in 'n verklaring hy en mnr. Kai-Dieter Rumpf, het Vrydag die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, in kennis gestel hulle bedank. Sondag het die ondervoorsitter, me. Clara Bohitile (foto), die minister laat weet sy bedank ook met onmiddellike effek.
Dit sowat dertien maande nadat hulle op 1 Mei 2020 deur Jooste ingevolge die Meatco-wet as direksielede aangestel is. Hamman en Bohitile is deur Meatco se lede genomineer vir hul kundigheid en Rumpf om die kommersiële produsente te verteenwoordig.
Hamman en Bohitile is daarna eenparig as voorsitter en ondervoorsitter verkies. Bohitile was ook voorsitter van die oudit- en risikokomitee.
Rumpf was voorsitter van die Meatco VK-direksie, 'n filiaal van Meatco in die Verenigde Koninkryk, en het in beide die oudit- en risiko- en menslike hulpbronnekomitee gedien.
"Die direkteure het bedank ná die direksie Donderdag 'n indringende vergadering gehou het, en as gevolg van wesentlik en onversoenbare verskille met die bestuur en die res van die raad van direkteure," lui die verklaring deur dié drietal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie