Mecki se rekordhouding tops

Ronelle Rademeyer
Mnr. Mecki Schneider van Grootfontein se stoete ­Okabra Brahmane en Okasim Simmentalers is verlede week tydens die Aldam-veeskool naby Kroonstad in die Vry­staat vereer vir die volledigheid waarop ­rekordhouding gedoen word. Die stoete het 4,5 uit 5 vir volledigheid gekry. Die toekenning is vir die volledige verskaffing van data vir die genetiese databasis van die ras ten ­einde ­geraamde teelwaardes (EBV's) te bereken. By hom is (van links) sy plaasbestuurder, mnr. Alex de Koning en mnr. Brad Cook van die Landboubesigheid-navorsingsinstituut in Australië, wat die Breedplan genetiese evalue­ring vir Brahmane in Suidelike Afrika bestuur. Foto's Facebook

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer