Mededingendheid nodig vir landbougroei
Terwyl Namibië nog nie selfvoorsienend in kosproduksie is nie, groei Afrika se bevolking sterk en sal daar binne die volgende 35 jaar ’n groot behoefte en mark vir landbouprodukte ontstaan.
Elvira Hattingh - Die Namibiese landbousektor behoort ’n mededingendheidsanalise te doen sodat ’n strategie vir vooruitgang beraam kan word en daar internasionaal gekompeteer kan word.
Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van AgBiz, het tydens die afgelope Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se kongres gesê Namibië is tans 90ste uit 137 lande op die 2017-18 Wêreldverslag oor Mededingendheid.
“Alhoewel Namibië klein is, kan verbeterings gemaak word om meer mededingend te wees.
“Dis noodsaaklik dat julle mededingendheid omarm en ’n analise doen om vas te stel wat die beperkinge in jul bedryf is. Omskryf dit en werk saam met die regering om struikelblokke uit die weg te ruim,” het hy gesê.
“Volgens die bogenoemde indeks is die grootste probleme vir mededingendheid onder meer ’n gebrek aan toegang tot finansiering, ’n gebrek aan opleiding in die werksmag, regeringburokrasie, korrupsie en swak werksetiek.
“Terselfdertyd is Namibië se instellings oor die algemeen sterk, maar sy makro-ekonomiese omgewing is nie baie positief nie, en gesondheid en primêre onderwys vaar ook ver swakker as die gemiddeld.
“Namibië doen beter ten opsigte van die arbeidsmag se doeltreffendheid, en die finansiële markte en besigheidgesofistikeerdheid is redelik,” het Purchase gesê.
MEDEDINGING
Purchase sê mededingendheid in waardekettings is die vermoë van ’n bedryf om ’n produk op die internasionale mark te plaas – waar die prys gelyk aan of laer as dié van ander produkte is, terwyl dit steeds ’n wins genereer.
“Jy moet kan meeding en jou kostestruktuur moet laer wees as die internasionale kostestruktuur. Jy moet wins maak teen ’n prys waar ander nie meer kan nie.
“Waaraan meet jy mededingendheid?
“As jy volhoubaar kan uitvoer, is jy reeds in ’n mate mededingend, maar jy moet ook let op die skaarsheid van jou produk, geleentheidskoste, wat die marktendense en -siklusse is en wat jou mededingingsvoordeel is,” het hy gesê.
Purchase sê ‘n mededingingsvoordeel kan bepaal word deur ’n spesifieke analise volgens ’n sekere metodologie te doen. ’n Eweknie-analise word gebruik en ’n samewerkende agenda word tussen die staat en alle rolspelers in die bedryf begin.
“Met die analise word onder meer noodsaaklike faktore vir sukses geïdentifiseer. Dit moet voortdurend opgedateer word, sowat elke drie tot vier jaar, omdat omstandighede voortdurend verander.
“Die industrie moet altyd van die mark af terugwerk en eerstens die vraag na hul produk analiseer.
“Dit bepaal hoe jy jouself gaan posisioneer.
“Die analise behels ook dat jy vasstel wie jou ondersteunende nywerhede is, firmas se strukture en strategieë identifiseer, regeringsbeleide en -steun ondersoek asook risikofaktore. Die analise kan help om te bepaal of jy beter doen as vorige jare.”
Purchase het gewys hoe die verdere faktor-analise wat ook gedoen kan word, insluit om onder meer te kyk na die tipe werksmag, infrastruktuur, kapitaal, tegnologie, markgroei, grondhervormingsbeleide, misdaad, elektrisiteit en die koste daaraan verbonde om besigheid te doen.
BEPERKINGS OP WAARDEKETTING
Purchase het gesê in Namibië se geval perk sekere probleme mededingendheid in.
“Eerstens moet breë, nasionale kwessies getakel word – dit sluit die gehalte van bestuur en lae produktiwiteit in.
“Julle het uitdagings met toegang tot grond - ook as dit kom by buitelanders wat wil belê en die totale bedryf sterker maak.
“Daar is ’n tekort aan tegniese vaardighede. Buitelandse valutaskommelinge skep probleme.
“Julle moet vasstel watter rol speel die nasionale beleid ten opsigte van grond asook werknemers en bied dit ’n bemagtigende omgewing wat langtermynbeleggings in die sektor moontlik maak?
“Wat is die handelsbeleid van die regering en hoe benadeel dit beleggings en uitvoere? As dit kom by bosindringing – word die uitdunning daarvan genoegsaam deur die regering gesteun en is daar ’n beleid en programme vir veterinêre dienste in kommunale gebiede?
“Bestaan ’n gemeenskaplike, strategiese visie om die bedryf vorentoe te vat?”
SUID-AFRIKA AS VOORBEELD
Hy het ook ‘n voorbeeld van ’n mededingendheid-analise van Suid-Afrika se landbousektor gewys.
“In die sestigerjare was ons baie mededingend toe die regering ons gesubsidieer het, maar ’n deregulering in die laat 70’s, gevolg deur die sanksie-ekonomie, het ons mededingendheid laat daal. Met die sogenaamde ‘Madiba Magic’-tydperk wat behels het om te ‘leer deur te doen’, het ’n effense verbetering in ons mededingendheid ingetree.
“Die onlangse droogtes het ons negatief geraak, maar ons mededingendheid is besig om te versterk en ons is oortuig dat ons dit sonder enige steun van die regering verder sal verbeter.”
Purchase het getoon hoe primêre landbou asook landbouverwerking in Suid-Afrika sedert 2010 verbeter het.
“Ons is die tweede grootste uitvoerder van sitrus ter wêreld en ons uitvoere groei jaarliks met 8% in volume.
“Suid-Afrika is ook die grootste uitvoerder van makadamia-neute en uitvoere van wol en vleis groei uitstekend.
“Vrugtebedrywe groei ook fenomenaal - en dit is danksy die privaat sektor wat die vraag daarna bestuur en markontwikkeling toepas,” het hy gesê.
Volgens Purchase vaar skaap- en bokboerderye asook wild baie goed in die buurland, terwyl vark en hoender swakker doen.
“Beesvleisuitvoere het verbeter – soveel so dat ons uitvoere van ongeveer R 300 miljoen in 2012 tot R2,5 miljard rand in 2015 verhoog het. Ons kry ook al hoe meer toegang tot markte in die Midde-Ooste en China.
“Ons voer nie lewende beeste uit nie.
“Ons hoop om die vleisuitvoere binne die volgende twee jaar te verdubbel, maar dan moet ons bio-sekuriteit reg wees.”
Purchase sê Suid-Afrika is ook baie mededingend as dit by huide en velle kom.
NAMIBIESE STATISTIEKE
Purchase sê plaaslik word jaarliks sowat 79 000 ton vleis geproduseer.
“Julle voer sowat 17 000 ton in en 22 000 uit. Dus is Namibië ’n netto uitvoerder van 5 000 ton. Julle belangrikste landbouprodukte in uitvoere en invoere is lewende beeste en skape asook beesvleis. Dit maak saam sowat US$ 91 miljoen se uitvoere op en is dus ’n baie sterk verdiener van buitelandse valuta.”
Purchase het gesê in Namibië leef 18% van mense van minder as US$39 per maand.
“Wat jul voedselsekerheid in gevaar stel, is dat julle slegs 40% van jul eie kos produseer en baie afhanklik van invoere is.”
VOEDSELSEKERHEID
Suid-Afrika is 44ste op die 2017 Globale Voedselsekerheidsindeks en is die land in Afrika wat die beste voedselsekerheid geniet.
Daarteenoor heers ’n gebrek aan voedselsekerheid bykans in al die Afrikalande suid van die Sahara.
“Die probleem in Suid-Afrika en moontlik ook Namibië is dat daar sowat 28% van die bevolking is wat nie die vermoë het om voedsel te koop nie – terwyl ons genoeg kos in ons lande het en netto uitvoerders is.
“Dit is waar jou risiko met voedselsekerheid inkom - ons het nie genoeg mense wat aan die hoofstroom-ekonomie deelneem sodat hulle kos kan bekostig nie.
“Namibië se risiko is moontlik groter omdat tot 40% van jul voedsel ingevoer word, alhoewel julle ’n netto uitvoerder van vleis- en lewendehaweprodukte is.”
Purchase sê ekonomiese ontwikkeling het die grootste impak op voedselsekerheid en die beste sekerheid bestaan waar ’n hoë binnelandse bruto produk (BBP) per capita en ’n lae huishoudelike besteding op kos voorkom.
“Lande wat voedselsekerheid geniet, het infrastrukture soos logistieke stelsels en gevorderde landbou-infrastruktuur ontwikkel, asook fasiliteite en stelsels wat landboubeleggings steun.
“’n Stabiele, doeltreffende en funksionele beleidsomgewing is noodsaaklik vir voedselsekerheid.”
Hy sê die komponente van voedselsekerheid sluit in die beskikbaarheid, bekostigbaarheid en die gehalte en veiligheid van kos in. Op lang termyn bepaal hierdie komponente die stabiliteit van voedselsekerheid.
“Die beskikbaarheid word geraak deur ’n genoegsame verskaffing, die wisselvalligheid van produksie, hoe die land se landbou-infrastruktuur lyk asook hoeveel op ontwikkeling en navorsing bestee word.
“Voedsel se bekostigbaarheid is die kritieke element as dit by voedselsekerheid kom. Met ander woorde, watter persentasie maak kosverbruik uit van die daaglikse, besteebare, huishoudelike inkomste?
“Onder die armstes kan dit tussen 50 en 70% wees.
Voedselsekerheid word ook bepaal deur watter persentasie van die bevolking onder die armoedsgrens leef en of daar ’n voedselveiligheidsnet is.
“Voedselgehalte word bepaal deur standaarde wat gestel word, asook die gehalte van proteïen wat beskikbaar is. Europa sukkel meer as ons met voedselsekerheid en in Namibië se geval behoort die proteïen se gehalte goed te wees.”
Hy het gewys hoe voorspellings van bevolkingsgroei-demografieë die prentjie van voedselsekerheid oor die wêreld verander en dat groei in die res van die wêreld afplat – buiten Afrika.
“Afrika se bevolking groei skerp en binne die volgende 35 jaar gaan dit verdubbel - tot net meer as twee miljard mense.
“Die bevolking groei veral sterk in lande waar voedselsekerheid tans die swakste is. Dié dinamika gaan óf ’n risiko óf ’n groot geleentheid ten opsigte van uitvoermarkte wees.
“Ons moet kyk of ons daardie markte in die toekoms kan diens.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie