Medelye stroom in vir Kaputu
Pres. Hage Geingob het sy medelye aan dr. Alexander Kaputu se vrou, kinders en sy hele gesin betuig ná sy afsterwe Dinsdag.
Pres. Hage Geingob het saam met Namibiërs hulde gebring aan die OvaHerero kroniekskrywer, dr. Alexander Jarimbovandu Kaputu.
Kaputu is Dinsdag, op sy 69ste verjaardag, dood nadat hy van sy tuisdorp Ombakaha na die Otjinene-kliniek gehaas is.
Hy word geprys omdat hy die harte van vele Namibiërs aangeraak het deur mondelinge literatuur en geskiedenis in die uitsaaiwese by die destydse Suidwes-Afrika-uitsaaikorporasie en later die nasionale uitsaaier (NBC).
Vanweë sy onberispelike geheue, redenaarvaardighede en ongeëwenaarde begrip van die Afrikatradisie, -kultuur en -geskiedenis, is algemeen na hom verwys as die “lopende ensiklopedie van die OvaHerero-geskiedenis”.
Dr. Kaputu word oorleef deur sy vrou, 14 biologiese kinders en vier aangenome kinders.
GEINGOB SE BOODSKAP
Geingob het Woensdag in 'n verklaring lof aan Kaputu se verenigde stem en rol in die behoud van mondelinge geskiedenis en kultuur gegee.
“Wyle Jarimbovandu Kaputu het deur taal en kultuur 'n deurslaggewende rol in die behoud van die geskiedenis en tradisies van die OvaHerero-mense gespeel.
“Hy laat 'n ryk nalatenskap van nasiebou en lojale diens aan die Namibiese volk agter deur sy uitstekende bydraes tot die mondelinge geskiedenis en uitsaaiwese van Namibië tydens sy jarelange diens by die NBC,” sê Geingob in 'n brief en boodskap van medelye aan die weduwee, me. Uahupisa Kaputu, die kinders en die gesin.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het ook sy medelye betuig. In 'n verklaring het die wetgewer van die PDM, me. Inna Hengari, gepraat oor Kaputu se lewenslange bydrae tot Afrikatale en -kultuur.
“Dr. Alex Kaputu was 'n man soos geen ander nie. 'n Geskiedkundige, 'n bekende joernalis, onderwyser vir baie, redenaar en tradisionele ritualis,” het Hengari gesê. Sy het bygevoeg Kaputu het in 'n tyd waar inheemse tale op die punt van uitwissing was daarin geslaag om die land, veral die OvaHerero, deur middel van sy taal- en redenaarvaardighede aan te gryp.
“Kaputu het 'n belangrike rol in die behoud van die Otjiherero-taal met sy lewendige redenaarvaardighede gespeel,” het die 24-jarige gesê.
Gedurende 2019 het die Universiteit van Namibië 'n eredoktorsgraad vir filosofie honoris causa in letterkunde aan hom toegeken. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie