Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf
Die oorskot van die Namibiër wat in Engeland aan Covid-19 dood is, sal nie na Namibië gerepatrieer kan word nie.
Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê in 'n verklaring mnr. Abiud Vambetja Uazeua (56) “was welbekend en medelye met die familie stroom van dwarsoor die wêreld in”.
Me. Linda Scott, Namibië se hoë kommissaris in Londen, het namens die Namibiese regering met die familie gesimpatiseer.
Uazeua se vrou, Consey, verpleeg in Engeland.
'n Familievriend het gisteroggend uit Engeland gesê die familie is Maandag ingelig sy oorskot sal nie na Namibië gerepatrieer kan word om in sy geboorteland volgens Otjiherero-tradisies begrawe te word nie.
Die vriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê me. Uazeua is die suster van hoofman Sam Kambazembi van die Kambazembi tradisionele owerheid.
Volgens hom sou die familie gister oor die begrafnisreëlings besluit het.
Uazeua, wat volgens die familievriend taxidienste verrig het, is sover bekend die eerste Namibiër wat weens Covid-19 sterf.
Republikein is bewus van ander Namibiërs wat in die Verenigde Koninkryk en die VSA positief vir die virus getoets het, maar intussen gesond geword het. Hulle wil nie geïdentifiseer word nie.
Volgens die verklaring deur Nandi-Ndaitwah was wyle Uazeua se vrou en kinders by hom toe hy gesterf het. Hy is die pa van agt kinders.
Meer inligting is nie bekend gemaak oor die omstandighede waaronder hy dood is nie.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie