u2018Media u00eds die demokrasieu2019
u2018Media u00eds die demokrasieu2019

‘Media ís die demokrasie’

Nuusbaas vertel van Turkye se donker nag
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer in Antalya - “Die demokrasie is ons s’n. Dít is wat die Turke die nag van 15 Julie vir die wêreld gewys het toe gewone mense gewapen met stokke en skoene voor die tenks en die koeëls ingeloop het om die poging tot ’n staatsgreep te stuit.”

Só het mnr. Senol Göka, direkteur-generaal van die staatsbeheerde radio- en televisiediens Turkish Radio & Television (TRT), Maandag in Antalya, Turkye, aan joernaliste gesê tydens die eerste dag van dié diens se vierde internasionale media-opleidingsprogram (Umep).

Göka sê dit was “’n verskriklike gebeurtenis”, maar ook een waartydens demokrasie geseëvier het. “Die burgerlikes van hierdie land het uitgegaan en ondanks die pantservoertuie en die vliegtuie, ongewapen opgestaan teen die verraaiers.

“Verraad was die hoofelement daardie aand, maar toe president Recep Tayyip Erdogan deur middel van FaceTime (’n Apple-kletstoepassing) ’n beroep op die mense van Turkye doen om die strate in te vaar en teen die verraaiers op te staan, het hulle in hul massas uitgegaan en teen die verraaiers opgestaan,” het hy gesê.

Volgens Göka was dit danksy ’n joernalis by ’n private media-instelling wat dit reggekry het om via FaceTime met Erdogan kontak te maak, dat hy dié boodskap aan die Turkse nasie kon stuur.

“Media is ’n belangrike komponent van demokrasie . . . media ís die demokrasie. Dit is wat ons (TRT) met hierdie opleidingsprogram wil benadruk. As professionele mediamense moet ons situasies soos hierdie ontleed. Ons moet by mekaar leer,” het hy gesê.

Die mislukte staatsgreep is die nag van 15 en 16 Julie deur ’n splintergroep in die Turkse weermag onder aanvoering van die terroristegroep, Feto, uitgevoer. Fethullah Gülen, ’n afgetrede imam, is Feto se leier.

Nagenoeg 250 mense is in die aanvalle doodgeskiet en minstens 1 500 gewond.

Göka het voorts vertel dat ’n groep van die aanvallers ook TRT se hoofkantoor in Ankara binnegestorm het. Hulle het van die joernaliste en aanbieders vasgebind en op die grond laat lê.

Me. Tijen Karas, ’n TV-aanbieder en nuusleser, is deur die aanvallers gedwing om hul verklaring op nasionale televisie voor te lees.

Karas het Maandag vertel sy kry steeds paniekaanvalle en ontvang trauma-berading.

Mnr. Hoesan Hoessein, ’n inwoner van Ankara, het vertel toe Erdogan se oproep kom om instellings teen die aanvallers te beskerm, hy besluit het om na TRT se hoofkantoor te gaan aangesien dit die naaste staatsinstelling aan sy huis is.

“Ek was vroeg by die huis van die werk af en het gehoor hoe vliegtuie laag oor die stad vlieg. Ek het gewonder wat aangaan en die televisie aangeskakel.”

Hoessein is later die nag in die tuin voor dié radio- en televisiediens se hoofkantoor deur die aanvallers in die skouer geskiet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!