Media-vakbond amptelik gestig

Jemima Beukes en Augetto Graig, joernaliste by NMH, is lede van die vakbond se uitvoerende komitee.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Twee van Namibia Media Holdings (NMH) se gesoute joernaliste is die afgelope naweek as lede van die uitvoerende komitee van die nuut gestigde vakbond vir Namibiese professionele media (NAMPU) aangewys.

Jemima Beukes, joernalis by die Namibian Sun, is die adjunk-sekretaris-generaal en Augetto Graig van Republikein is as organiseerder aangewys.

Sakeus Iikela (The Namibian) is die sekretaris-generaal, die sekretaris van inligting en mobilisasie is Charmaine Ngatjiheue (The Namibian) en Timo Shihepo (vryskutjoernalis) is die tesourier.

Dié vyf leiers vorm die vakbond se uitvoerende komitee wat vier bykomende lede insluit, naamlik Tileni Mongudhi (vryskut), Edward Muumbu (Nampa), Esther Mbathera (The Namibian) en Tuyeimo Haidula (Namibian Sun).

DOELSTELLINGS

Ná vier maande se voorbereiding is die vakbond Vrydag amptelik gestig.

Volgens ’n verslag wat deur die vakbond versprei is, is hul strewe om alle joernaliste en mediawerkers betrokke by gedrukte, uitsaai- en aanlynplatforms te organiseer en te verenig en om hul werksomstandighede te verbeter.

“Die liggaam sal streef om die werksomstandighede sodanig te verbeter dat joernaliste se menseregte en hul regte as professionele mense volgens die arbeidswet en ander wetgewing gehandhaaf word,” lui die verslag.

Die vakbond sal hul lede in arbeidsaangeleenthede verteenwoordig en namens hul lede met werkgewers onderhandel.

“Daar is talle kwessies in hierdie veld waaroor niemand praat nie. Dit sluit in onder meer die uitbuiting, oorwerk en onderbetaling van joernaliste, asook die misbruik van interns.

“Die vakbond is gekonstitueer om die regte en belange van joernaliste te beskerm en hierdie kwessies aan te spreek,” het Iikela gesê.

Die stigtingsgeleentheid is deur die oudjoernalis en stigter van The Namibian, me. Gwen Lister, media-ombudsman mnr. John Nakuta en die Vakbondkongres van Namibië se sekretaris-generaal, mnr. Mahongora Kavihuha, bygewoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!