'Media vennoot in bestuursargitektuur'
'Media vennoot in bestuursargitektuur'

'Media vennoot in bestuursargitektuur'

Ronelle Rademeyer
Die staatshoof pres. Hage Geingob het ter viering van Wêreldmediavryheidsdag 'n beroep op die media gedoen om 'n sentrale rol in verbeterde demokrasie, eenheid en sosiale samehang te vertolk.
Met die tema vanjaar "Joernalistiek en verkiesing in tye van waninligting", is die media 'n sleutelvennoot in die bestuursargitektuur van die land, het Geingob gesê.
Hy sê die potensiaal van die media om verantwoordbaarheid en vertrou te versterk, moet met behulp van gehalte joernalistiek ingespan word om landsburgers aan die hand van feite in te lig.
Namibië het onlangs sy nommer 1-posisie in Afrika as die land waar joernaliste die meeste vryheid geniet, herwin. Volgens Joernaliste Sonder Grense (RSF) se 2019-persvryheidsindeks is Namibië nr. 23 op die lys. Altesaam 180 lande word jaarliks beoordeel aan die omstandighede waarbinne joernaliste hul taak verrig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!