Media vier vryheid
Media vier vryheid

Media vier vryheid

Dani Booysen
Wêrelddag vir Persvryheid is vandag amptelik in Windhoek gevier.
Die Europese Unie se ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskova, het die land geloof vir die groot verskeidenheid menings en nuus in plaaslike media.
Namens die media het mnr. Joseph Ailonga, voorsitter van die Redakteursforum van Namibië (EFN), gesê inwoners en die media het danksy die land se demokratiese regering groot hoop vir die toekoms.
Die media is volgens hom reg om planne vir vooruitgang te ondersteun, maar sal korrupsie genadeloos aan die kaak stel. "Dit is ons plig," het Ailonga benadruk.
Mnr. Rod April, waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco, se boodskap was dat die mag van woord en beeld gebruik moet word om 'n beter wêreld te bou, vir geregtigheid en om inwoners te bemagtig.
Soos met die aanvaarding van die deurslaggewende Windhoek-verklaring oor persvryheid 25 jaar gelede, kan Namibië volgens April 'n sleutelvoorbeeld stel met die najaag van die Verenigde Nasies se nuwe volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's).
Namens die regering het mnr. Frans Nghitila, direkteur vir mediadienste in die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie, die land se verbintenis tot die bevordering van vryheid van uitdrukking en mediavryheid herbevestig. Hy het die adjunkminister, mnr. Stanley Simataa, se toespraak voorgelees. Hierin is onderneem om enige struikelblokke in die weg van mediavryheid deurlopend af te takel.
Internasionale boodskappe is gelewer deur me. Kiki Gbeho, VN-koördineerder in die land, en dr. Jean-Pierre Ilboudo van Unesco.
Ilboudo het gesê dit is noodsaaklik dat die Namibiese regering wetgewing aanvaar om toegang tot inligting te verseker. Volgens Nghitila sal gesprekke oor die inhoud van só 'n wet eersdaags begin.
Selfregulering bly volgens Ildoubo die internasionaal aanvaarde en beste manier om mediastandaarde te handhaaf.
Misa se streekdirekteur, me. Zoe Titus, het gesê dit is kommerwekkend dat verskeie regerings in Suider-Afrika groter beheer oor die media wil uitoefen en hul magte wil uitbrei om kommunikasie te monitor, byvoorbeeld deur afluistering.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!