Mediavryheid bly belangrik
Estelle de Bruyn
In ‘n wêreld waar “vals nuus” toenemend aan die orde van die dag is, kan die belangrikheid van verantwoordelike verslaggewing oor aktuele sake nie onderskat word nie.
Namibië roem hom daarop dat die land die vryste media in Afrika het en as nommer 24 uit 180 lande op die wêreldranglys deur Verslaggewers Sonder Grense geag word.
Namibië het sewe plekke gedaal op dié ranglys sedert 2016 toe die land die 17de posisie op die lys beklee het. In 2016 het Namibië 15,15 punte behaal en in 2017 het dit tot 17,08 gestyg.
Nog ‘n Afrikaland, Ghana, is kort op Namibië se hakke in die 26ste plek.
Noorweë, met ‘n gemiddelde punt van 7,60, is die land met die meeste mediavryheid en Noord-Korea die land met die minste mediavryheid met 84,98 punte.
Amerika, waar die media deurlopend deur die Trump-Withuis verguis word, beklee die 43ste posisie op die ranglys.
Sedert die verkiesing van pres. Donald Trump het hy verklaar die media is die “vyand van die Amerikaanse volk”.
Hy rig deurlopend verbale aanvalle op joernaliste en het selfs probeer om verskeie mediahuise, in weerwraak op kritiese beriggewing, toegang tot die Withuis te verbied.
Sy voorganger, pres. Barack Obama se administrasie, het nie veel beter gevaar nie en het oorlog verklaar teen hokaairoepers wat inligting oor die administrasie se aktiwiteite uitgelap het.
Dit het daartoe gelei dat meer hokaairoepers as in enige vorige Amerikaanse administrasie vervolg is.
Ondanks geïsoleerde gevalle waar politici of senior staatsamptenare en spesiale raadgewers die media slegsê of ‘n dreigende houding teen joernaliste inneem, kan Namibië sy seëninge tel wat mediavryheid betref.
Die groot uitdaging is om teen selfsensuur en gedienstigheid aan adverteerders vir kommersiële redes te waak.
Só sê ander:
Beeld
4 Januarie 2018
Die volgehoue ondermyning van die land se universiteite gaan onberekenbare skade op die toekomstige ontwikkelingspotensiaal hê.
Dit blyk uit die volgehoue misbruik van universiteite as politieke speelballe. Die huidige probleme rondom toelating tot universiteite het ontstaan toe pres. Jacob Zuma eensydig aangekondig het gratis onderrig begin reeds vanjaar vir bepaalde behoeftige studente.
Die beginsel dat daar vir sodanige studente voorsiening gemaak moet word deur kostelose studie en studiehulp, is nie weg te redeneer nie.
Maar in meer as 20 jaar in die kussings het die ANC in gebreke gebly om met ’n haalbare plan vorendag te kom. Net soos op vele terreine soos skoolonderwys, gesondheidsorg en selfs grondverdeling. Nou word daar gepoog om ondeurdagte kitsoplossings af te dwing.
Om universiteite se skaars bronne onder verdere druk te plaas, met ontwrigtende afwykings van die beplande akademiese jaar, gaan al weer oor 20 jaar as ’n historiese fout ontleed word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie