Mediclinic eerste met kogleêre inplantings
Die eerste kogleêre inplantings in Namibië is reeds in 2011 by die Windhoek Mediclinic uitgevoer. Tydens dié operasies in September 2011 het drie jong Namibiërs by die inplantings gebaat. Deel van die span wat by dié mediese geskiedenis betrokke was, was die neus, keel en oorspesialis dr. Stephan van der Westhuizen, die oudioloog me. Janet Brits en ’n spesialis uit Suid-Afrika, dr. Louis Hofmeyr. Hulle was ook verlede week teenwoordig toe kogleêre inplantings as deel van ’n nuwe program by die Lady Pohamba Private Hospitaal in die hoofstad gedoen is. Drie volwassenes en ’n kind het by verlede week se inplantings gebaat, en Nedbank het pa gestaan vir die kind se koste. Haar inplanting is deur Medel gefinansier en die buitenste prosesseerder deur ’n ouerpaar in Engeland wat onlangs hul dogtertjie verloor het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie