Mediclinic se aandeelprys kry slae
Mediclinic se aandeelprys het Dinsdag skerp gedaal nadat die maatskappy gesê het sy bedrywighede in die Midde-Ooste het onder verwagting presteer.
Mediclinic se aandeelprys het in 'n stadium met byna 6% gedaal en Dinsdag uiteindelik 4,60% laer op R124,25 per aandeel gesluit.
Die hospitaalgroep se Suid-Afrikaanse en Switserse ondernemings presteer soos verwag goed, maar dié in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) is steeds 'n kwesbare plek in sy mondering, het hy Dinsdag laat blyk.
Luidens 'n handelsverklaring oor sy verwagte resultate vir die boekjaar geëindig 31 Maart 2017, was dit veral sy gesondheidsgeriewe in Abu Dhabi, hoofstad van die VAE, wat swakker gevaar het in die tweede helfte van die boekjaar.
Die groep verwag nou dat die inkomste uit sy ondernemings in die Midde-Ooste skerper as verwag sal afneem – tot tussen Arabiese Emirate Dirham (AED) 3 miljard en AED3,2 miljard, met 'n laer onderliggende ebitda-winsgrens van tussen 10% en 11%.
Volgens Danie Meintjes, uitvoerende hoof, het die uitdagende omgewing in Abu Dhabi ongelukkig in die tweede helfte van die boekjaar voortgeduur.
“Ons doen baie stappe om die fondament van 'n suksesvolle, volhoubare langtermynonderneming in die Midde-Ooste te bou, en gebruik ons uitstekende reputasie en operasionele vertoning in Dubai as hefboom daarvoor.
“Een kernstap is om ons geriewe in Abu Dhabi onder die Mediclinic-handelsnaam te herposisioneer. Dié projek sal waarskynlik in die 2017-'18-boekjaar afgehandel wees, sê Meintjes.
Handelstoestande bly uitdagend en pasiëntgetalle en die bedryfsvertoning is steeds onder verwagting – veral in Januarie vanjaar, aldus Meintjes.
Mediclinic se gevestigde ondernemings in Dubai presteer egter steeds goed.
Die uittog van dokters in die 12 maande voor die samesmelting met Al Noor het luidens die verklaring in die huidige boekjaar voortgeduur, maar 'n “strategiese werwingsprogram” maak goeie vordering om geskikte dokters vir die vakatures te vind.
Sedert April 2016 is in 90 nuwe dokters in die Midde-Ooste aangestel en 'n verdere 60 aanstellings kan volg.
Mediclinic het ondanks die huidige ekonomiese en handelsomstandighede vertroue in sy langtermynstrategie vir groei in die Midde-Ooste en fokus daarop om multidissiplinêre kliniese dienslewering van hoë gehalte in Abu Dhabi op te bou – soos sy markleidende bedrywighede in Dubai, sê Meintjes.
Beduidende vordering word gemaak met die integrasie van Al Noor en Mediclinic in een sake-eenheid. Besparings van AED75 miljoen wat uit dié sinergie spruit, sal na verwagting reeds in die huidige boekjaar realiseer.
Bykomende bedryfsuitgawes en -koste is in die huidige boekjaar aangegaan, deels om Al Noor en Mediclinic se sakepraktyke in ooreenstemming te bring.
Die groep wil ook al die Al Noor-geriewe onder die Mediclinic-vaandel hernoem. Gevolglik word die drawaarde (AED140 miljoen) en amortisasietydperk van die Al Noor-handelsnaam in die huidige en daaropvolgende verslagdoeningstydperke hersien. Dit sal van onderliggende verdienste uitgesluit word, aldus die Mediclinic-verklaring. Die aandeel het Dinsdag 4,6% laer op R124,25 gesluit.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie