Medies: Goeie nuus vir buitelandse studente
Die program is in oorleg met onder meer die Raad vir Gesondheidsberoepe en spesialiste opgestel.
Henriette Lamprecht - Daar is nuwe hoop vir mediese studente in die buiteland wat die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) se pre-evalueringseksamen nie kon slaag nie.
Dié voornemende dokters kan nou aan ’n oriënteringsprogram van agt maande deelneem wat daarop gemik is om hulle suksesvol tot die mediese veld te laat toetree.
Volgens die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, sal die program van April tot November duur.
Die eerste drie maande fokus op teoretiese en die laaste vyf maande op praktiese opleiding.
Die program vervang die meervoudige keuse-vrae waaraan gegradueerdes voorheen onderwerp is en het volgens hom ten doel om te verseker dat hulle beter op internskappe voorbereid is.
“Dit is ’n duidelike bewys dat die regering in die beste belang van die pasiënt én die gegradueerde optree,” sê hy.
Voor die oriënteringsprogram aanstaande maand afskop, moet alle buitelandse gegradueerdes wat die pre-evalueringseksamen nie geslaag het nie, hiervoor by die ministerie registreer.
Die teoretiese deel van die opleiding sal by die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool plaasvind, terwyl die praktiese opleiding van vyf maande by geoormerkte opleidingshospitale onder leiding van mentors sal geskied.
“Spesifieke mense sal in hospitale aan die gegradueerdes toegewys word, wat hulle deur die hele program sal lei,” sê Shangula.
Volgens Shangula kan twee of meer hospitale by die bestaande vier, wat die Katutura-, Sentrale, Oshakati- en Onandjokwe-hospitaal insluit, gevoeg word om die groot groep gegradueerdes te huisves.
Deurlopende evaluering sal geld en geen eksamen sal ná afloop van die program geskryf word nie. Sou die program suksesvol voltooi word, kan die gegradueerdes gevolglik by die HPCNA as leerlingdokters registreer en met hul internskap van twee jaar begin.
Dié wat nie die agt maande lange program suksesvol voltooi nie, kry ’n bykomende vier maande om hul punte te verbeter. Misluk hulle ’n tweede keer is hulle nie meer deel van die program nie.
Die program wat in oorleg met die HPCNA, Unam, spesialiste en tegniese personeel saamgestel is, is volgens die minister “nie vir mislukking ontwerp nie”.
Volgens hom is dit geoormerk vir almal wat hul mediese opleiding buite Namibië se grense ontvang.
“Ons wil hiermee van die opvatting ontslae raak dat hierdie gegradueerdes nie welkom is nie en dat niemand omgee nie.”
Hy beklemtoon elkeen wat vir internskappe kwalifiseer, sal gehuisves word.
Shangula sê elke opleidingshospitaal mag net ’n sekere aantal leerlingdokters huisves en dié getal mag nie oorskry word nie.
“Dit mag wees dat iemand sal moet wag tot iemand sy internskap voltooi en die hospitaal verlaat, en dan sy of haar pos vul.”
Shangula sê die sukses van die program hang van gegradueerdes self af en beklemtoon die doel daarvan is nie heropleiding nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie