Mediese eise teen SA staat nou R104 mjd.
Die meeste eise is in die Oos-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal ingestel.
Nellie Brand-Jonker – Eise vir mediese nalatigheid teen gesondheidsdepartemente in die buurland se provinsies beloop altesaam R104 miljard, toon ’n verslag wat Maandag deur die nieregeringsorganisasie Health Systems Trust uitgereik is.
Die South African Health Review-verslag is vanjaar vir die 22ste jaar deur dié organisasie uitgereik.
Dr. Themba Moeti, uitvoerende hoof, sê die verslag gee vanjaar ook ’n perspektief oor die groot probleme met die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).
Oor die eise vir nalatigheid word daar in die verslag gesê die nasionale tesourie het einde Maart verlede jaar aangedui die totale voorwaardelike aanspreeklikheid vir mediese nalatigheid in provinsiale gesondheidsdepartemente beloop R104,5 miljard.
Die meeste hiervan is in die Oos-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal.
Dit toon die voorwaardelike aanspreeklikheid vir mediese nalatigheid van al die provinsies saam het met R24,3 miljard of 30% gestyg.
Die verslag verwys na ongepubliseerde, ongeouditeerde inligting van die nasionale tesourie.
Dit toon einde Maart 2015 het die eise R28,6 miljard beloop.
Die verslag bevat ook die syfer vir die boekjaar tot einde Maart 2018 van R80,4 miljard waaroor die nasionale tesourie in sy begrotingsoorsig verlede jaar sy kommer uitgespreek het.
Inligting uit dieselfde verslag van die nasionale tesourie toon die betaling van eise het jaar tot jaar met R484,6 miljoen of 33% tot R1,9 miljard gestyg.
Van einde Maart 2013 af was dit bykans 40% hoër.
“Met die uitsondering van Limpopo het die betaling van eise deur provinsiale departemente massiewe stygings getoon. Dit beteken die provinsiale departemente het om verskeie redes tot die eise toegegee.”
In die verslag word gesê dit is nie net ’n probleem in die openbare sektor nie. “Die private gesondheidsektor is ook onder druk en daar is ’n groot styging in die versekering waarvoor mediese praktisyns die afgelope paar jaar betaal.”
Business Day het prof. Alex van den Heever van Wits aangehaal wat gesê het talle van die provinsiale departemente oordryf hul aanspreeklikhede omdat die waarskynlikheid van ’n uiteindelike uitbetaling nie ontleed word nie. “Baie eise teen provinsiale departemente sal waarskynlik nie suksesvol wees nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie