Mediese praktisyn van Noorde kry twee kogleêre inplantings
Oorkom geheueverlies
Dr. Johan Gagiano, ''n geliefde en bekende algemene praktisyn op Grootfontein, het onlangs sy tweede kogleêre inplanting by die Oorinstituut in Windhoek laat aanskakel.
Gagiano het lank aan gehoorverlies gely, as gevolg van die beskadiging van sy binne-oor wat deur harde geraas veroorsaak is. Hy kon wel goed met behulp van gehoorapparate oor die weg kom en was steeds suksesvol in sy beroep. Vir ''n huisarts wat juis afhanklik is van die feit dat hy pasiënte goed moet kan hoor en verstaan, was die apparate ''n groot hulp.
Hy het onlangs ernstig siek geword en het as gevolg hiervan en tesame met die hoë dosisse antibiotika wat hy noodwendig moes neem, sy gehoor verloor.
Die sterkste gehoorapparate kon hom nie meer help om sy daaglikse take uit te voer nie.
Gagiono was nie bereid om dit sonder meer te aanvaar nie.
Sy vertroue en kennis van die mediese wetenskap het hom om hulp laat soek, met ''n kogleêre inplanting wat die oplossing was. Die eerste inplanting vir die 64-jarige medikus is ongeveer ''n jaar gelede in die regteroor gedoen. Hiermee het hy heelwat van sy gehoor herwin en dit was so suksesvol dat hy en sy gesin besluit het om ook ''n inplanting in sy linkeroor te laat doen.
“As bioloog weet ek die brein moet stimulasie van twee kante af kry om suksesvol te kan funksioneer. Met net een ''werkende'' oor, het ek gedurig gevoel dat daar aan my een kant ''n ''gemis” is,” het Gagiano gesê.
Die oudioloog wat die aansakeling hanteer het, me. Anine Stehle, het verduidelik die inligting is afkomstig van die twee ore wat in die middelbrein bymekaar kom en sodoende die luisteraar veral help om in lawaaierige omgewings en groepsituasies beter te kan hoor.
Tans pas Gagiano nog aan by die nuwe gehoor, maar is optimisties dat hy uiteindelik weer baie goed sal kan hoor. Soos hy immers tong-in-die-kies verklaar,“die meeste mans hoor net wat hulle wil hoor. Ek is nie so nie; ek wil álles hoor!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie