Mediese raad moet sy gesag laat geld
DR. W M J HUGO VAN SWAKOPMUND SKRYF:
Na aanleiding van die brief van dr. Ena Barlow ("Beroepe en pasiënte moet beskerm word", Donderdag 21 Februarie 2019) wil ek graag ‘n stuiwer in die armbeurse van buitelandse mediese studente gooi.
Ek oordeel dat die goeie doktor die kar voor die perde span deur te beweer dat die staat die studente moet inlig dat hulle by die Raad van Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) sal moet registreer na internskap. Watter bydrae sal dit tot die oplossing van die huidige debakel maak? Eerstens sal die voorgraadse student nie oor die kennis en insig beskik om hoegenaamd te interpreteer wat die vereistes van registrasie by die HPCNA impliseer nie en tweedens weet die staat meestal so min van mediese opleiding as ‘n sangoma van ’n hartoorplanting.
Die Engelse gesegde is mos “if I pay I say”, dus is dit my oortuiging dat die staatsinstelling wat beurse toeken in die eerste plek verantwoordelik is vir watter studente medies mag studeer en by watter buitelanse universiteite hulle mag studeer. Gegewe die stelling oor die staat se insig oor mediese opleiding is die enigste en logiese oplossing dat die mediese beroep in Namibië direk betrokke raak deur die staat te adviseer.
As oplossing (dus om die perde voor die kar te span) meen ek dat die mediese beroep se professionele liggaam direk betrokke moet raak by die vereistes waaraan studente wat in die buiteland wil studeer, sal voldoen. Meer spesifiek behoort die liggaam ook betrokke te raak by keuring van universiteite waar die opleidingstandaarde sal voldoen aan die uiteindelike vereistes wat registrasie by die HPCNA stel. Wat is hierdie vereistes waaraan studente wat in die buiteland wil studeer moet voldoen? Natuurlik, die minimum wat die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese fakulteit stel en wat deur die HPCNA onderskryf behoort te word.
Die vraag is ook watter kriteria sou die HPCNA kon gebruik om buitelanse universiteite te keur? Om hemelsnaam nie net die kurrikulum wat in die jaarboeke voorgehou word nie. Die kurrikula van verskeie universiteite in die SADC-lande is, na my ondervinding, soos die grondwet van die lande: ‘n oëverblindery om onbevoegdheid te verdoesel.
Nee, die HPCNA is besonder geskik om te oordeel wat die kwalifikasies van doserende personeel van die betrokke universiteit se mediese fakulteit is, die navorsiningsuitsette van die akademici, die spesialiseringsterreine van die doserende personeel, die opleidingsfasiliteite in hospitale vir studente en les bes die internasionale status van die fakulteit, om maar ‘n paar kriteria te noem.
Ja, ek weet die huidige wetgewing wat die HPCNA onderskraag maak nie voorsiening vir al hierdie funksies nie, maar die wetgewing verhoed ook nie die HPCNA om die staat by te staan en van advies te bedien nie.
En les bes, die betrokkenheid van die HPCNA kan natuurlik ook help om hand in eie boesem te steek. Voldoen die mediese faktulteit van Unam se doserende personeel aan die streng vereistes wat vir die buitelandse universiteite gestel word? En is daar wêreldklas opleidingshospitale beskikbaar?
Alleen op die manier kan ons ook uiteindelik vir buitelandse studente die geleentheid bied om mediese opleiding hier te lande te ondergaan wat weer dit moontlik sal maak om by buitelandse beroepsliggame te registreer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie