Mediese studente kla
Mediese studente kla

Mediese studente kla

Finalejaar mediese studente sê in 'n petisie hulle het nog nie vir die jaar gereg
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Finalejaar mediese studente verbonde aan die Universiteit van Namibië se mediese skool doen “doelloos” hul rotasies in die Noorde van die land omdat die betrokke departemente nie ingelig is en weet watter opleiding om aan dié studente in hul sesde jaar te verskaf nie, omdat geen riglyne hiervoor gestel is nie.

Die studente sê in 'n petisie hulle gaan voort met rotasies, selfs al is ondersteunende eksamens en somer­skole nog nie voltooi nie. Die studente het glo nog nie al hul punte ontvang of vir die jaar geregistreer nie.

Hulle beweer sommige dokters wat opleiding gee, het onderrig gestaak omdat Unam hulle glo nie die salarisse betaal “wat hulle verdien” nie.

Die studente moes hul finale jaar in Windhoek voltooi, maar moet nou eers vir nog vier maande in die Noorde roteer.

Studente moes noodgedwonge ekstra koste aangaan vir behuising, iets wat volgens hulle “geweldige geestelike en finansiële las” op hul skouers geplaas het.

“Geen oorweging is geskenk om studente en families vir so 'n drastiese verandering in die leerplan vir sesdejaars voldoende voor te berei nie,” lui hul klagskrif.

Die studente wil weet of die veranderde leerplan ooreenstem met akkreditasie van die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) en of dit die gehalte van hul kwalifikasie sal beïnvloed.



Volgens die studente is geen bewys gelewer dat die HPCNA oor die veranderinge ingelig is nie.

Hulle voer ook aan hul rotasies is van die normale tien weke tot nege weke verander.

“Ons is nie eens ordentlik ingelig wanneer ons rotasies begin nie. Studentegroepe is steeds onvoltooid met van die studente wat steeds nie in groepe is nie en ou studente wat jare terug die universiteit verlaat het, wat egter wel in groepe geplaas is.”

Die verlenging van die sesdejaarstudente se rotasies het tot gevolg dat hul akademiese jaar tot 2021 verleng is en dat finale eksamens vanaf 22 Februarie tot 6 Maart plaasvind.

Dit het ook 'n invloed op die vyfdejaars wie se klasse, leerplan en skedule in die stadium ook glo “onseker” is.

“Hulle is nieamptelik ingelig om met hul rotasies in Windhoek te begin en hulle eie groepe te vorm en word as finalejaarstudente behandel. Dit terwyl die eintlike finalejaarstudente as vyfdejaars in die Noorde behandel word.”

Volgens die studente is die departement in Windhoek ten volle toegerus vir hul finale opleiding en spesialisering.

Daar is ook konsultante om die opleiding van die studente te lei, iets wat volgens hulle nie die geval in die Noorde is nie.

Buiten dat hospitale alle pasiënte in algemene sale behandel, is daar volgens die klaers net mediese beamptes by die Onandjokwe-hospitaal in diens.

Hulle sê daar is meer spesialiste in Windhoek en die sale is groter met meer uiteenlopende gevalle om van te leer. Volgens die studente kan hulle in die Noorde nie behoorlike blootstelling aan psigiatrie, forensiese psigiatrie en chirurgie kry nie. Die studente sê hulle het die bestuur van die mediese skool en HPCNA vir antwoorde genader, maar geen optrede het nog gevolg nie.

“Ons voel ons moet die beste opleiding tot ons beskikking kry. Ons vra bloot dat ons soos die studente voor ons behandel word,” sê die klagskrif.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!