Mediumskaal plase in Afrika is goeie nuus
Sedert sowat 10 jaar gelede het kenners glo begin om bewyse te sien van ’n groot styging in die getal mediumskaal plase in die besit van boere in Afrika.
Thomas Jayne en Milu Muyanga – Weens bevolkingsgroei en ’n toenemende skaarsheid aan grond word die plase van die meeste boere in Afrika geleidelik onderverdeel. Mettertyd word die meeste plase kleiner en kleiner. Vandag is meer as 80% van plase in relatief dig bevolkte lande – soos Kenia, Ethiopië, Malawi en Rwanda – kleiner as een hektaar. Omdat dit so klein is, kan min genoeg inkomste genereer om boere bo die broodlyn te hou en die meeste vertrou al hoe meer op geld wat hulle buite die plaas verdien.
Maar sedert ongeveer tien jaar gelede het ons begin om bewyse te sien van ’n groot styging in die aantal mediumskaal plase in die besit van boere in Afrika.
Saam met baie kollegas het ons probeer uitvind wie hierdie mense is. Ons het lukraak plase gekies waar daar geboer word op tussen vyf en vyftig hektaar en ons het onderhoude met die boere gevoer. Ons het gevind dat die vinnige opgang van hierdie mediumskaal plase gedryf word deur ’n diverse groep mense, insluitende beroepslui uit die stede, invloedryke plattelandse mense en suksesvolle boere op kleinhoewes wat meer grond gekry het en hul uitset vergroot het.
In die afgelope dekade het die getal landbouprodukte wat hierdie plase bydra tot lande se nasionale produksie vinnig gestyg. In sommige lande, soos Tanzanië en Zambië, sorg mediumgrootte plase vir ruweg 40% van die land se bemarkte landbouproduksie.
Dit is egter nie oral so in Afrika nie. In dig bevolkte gebiede soos Kenia en Rwanda waar daar beperkte grond is, sorg kleinskaalse boerderye steeds vir die meeste van die landbou-uitset. Mediumskaal plase neem meestal toe waar daar wesenlike onontwikkelde grond is.
Terwyl baie dinge steeds onbekend is en die storie nog ontvou, glo ons mediumskaal plase is ’n belangrike dryfveer vir landelike transformasie in groot dele van Afrika – meestal met positiewe resultate.
Invloedryke Afrikane
Vir omtrent tien jaar was daar ’n volgehoue styging in voedselpryse wêreldwyd. Dit het tot groot, en wyd gepubliseerde, belegging in plase in Afrika gelei deur beroepslui uit Afrika, entrepreneurs en staatsamptenare.
Die hoeveelheid grond wat aangekoop is deur hierdie mediumskaal boere in Afrika sedert 2000 oortref verreweg die hoeveelheid grond wat aangekoop is deur buitelandse beleggers.
Hulle is relatief ryk en invloedryk, dikwels beroepslui, entrepreneurs of afgetrede staatsamptenare. Baie het hul rykdom ingewin deur werk weg van plase, het in plase belê en óf deeltydse óf voltydse boere geword.
Baie is gebaseer in landelike gebiede en het politieke of sosiale invloed by plaaslike tradisionele owerhede. Ander is stedelike “telefoonboere” wat hul werk gehou het in die stede, wat bestuurders gehuur het om na hul plase om te sien en hulle besoek soms die plase oor naweke.
In sommige lande vind ons ook dat baie huidige mediumskaal boere begin het as kleinboere wat suksesvol hul bedrywe uitgebrei het.
Mediumskaal boere bring nuwe bronne van kapitaal en kennis na landbou in Afrika. Hulle het in sommige lande ’n polities magtige groep geword wat goed verteenwoordig word in landboudrukgroepe en nasionale landbou-strategieë. Hulle het Afrikaregerings se verbintenis tot landbou versterk.
Hulle kry hul grond van tradisionele stamhoofde of deur grond te koop van ander, insluitende kleinskaalse boere-huishoudings. Ontwortelde kleinboere, veral jongmense, is geneig om weg van plase te trek op soek na ander bronne van inkomste.
Ons het drie redes geïdentifiseer vir die onlangse toename in mediumskaal plase.
Eerstens het vinnige bevolkingsgroei, verstedeliking en stygende inkomste gelei tot massiewe groei in die behoefte na kos in Afrikalande. Afrikane met die hulpbronne om te reageer op hierdie vereiste doen dit.
Tweedens het baie Afrikane met geld en hulpbronne gevind boerdery is ’n winsgewende beleggingsgeleentheid – veral tydens hierdie volgehoue periode van hoë wêreldwye kospryse sedert die middel 2000’s.
Derdens het beleidshervorming in die 1990’s groot hindernisse vir private handel verwyder en die bepalings vir private belegging in Afrika se landbou kosstelsels verbeter.
Een voorbeeld hiervan was die verwydering van beperkings op private beweging van voedselkommoditeite oor distriksgrense heen. Die invloed van hierdie hervormings het toegeneem nadat wêreldvoedselpryse skielik die hoogte in geskiet het. Dit het duisende klein, medium en grootskaalse private firmas in staat gestel om vinnig te reageer op winsgewende aansporings.
Boere op kleinhoewes
Met die styging in mediumskaal plase het ons verwag om te sien dat kleinboere gemarginaliseer word. Maar ons het ons sienings hieroor verander in die lig van verskeie bewyse.
Eerstens gee mediumskaal plase toegang tot markte en dienste vir kleinboere in die omgewing. Byvoorbeeld, baie mediumskaal plase het verskaffers by wie hulle trekkers huur, wat nou gemeganiseerde dienste aan kleinboere verskaf. Dit stel hulle in staat om te boer met heelwat minder arbeidsinsette, wat hulle meer geleentheid gee om ander inkomste buite die plaas te genereer.
Tweedens vestig groot handelsfirmas depots in gebiede waar daar ’n groot konsentrasie is van mediumskaal plase. Dit verbeter marktoegang vir kleinboere.
Ons het ook gevind dat die mediumgrootte plase voordelig is vir die landelike ekonomie. Hulle gee ’n kontantinspuiting vir die plaaslike ekonomie deur hul uitgawes en bevorder werksgeleenthede vir baie landelike mense wat vantevore afhanklik was van bestaansboerdery.
Mediumskaal plase het ook bygedra tot die jaarlikse groeikoers van 4,6% van landelike produksie in Afrika suid van die Sahara tussen 2000 en 2015. Dit is die hoogste in enige streek ter wêreld in hierdie tydperk.
Terwyl daar baie positiewe aspekte hieraan is, krap hierdie veranderinge die tradisionele sosiale struktuur om en skep dit nuwe magstrukture. Die styging van grondmarkte is besig om ’n nuwe klas van grondlose werkers te skep wat afhanklik is van die plaaslike ekonomie weg van plase vir hul lewensonderhoud. Beleidmakers sal leiding nodig hê oor hoe om hierdie moeilikhede te minimaliseer – en diegene te beskerm wat die weerloosste is terwyl die prosesse van ekonomiese transformasie geleidelik lewenstandaarde verhoog vir die meeste van die bevolking.
*Thomas Jayne is ’n professor in landbou-, kos- en hulpbronne-ekonomie aan die Michigan State-Universiteit. Milu Muyanga is ’n medeprofessor aan die Michigan State Universiteit.
*Hierdie stuk het oorspronklik op The Conversation verskyn. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie