Meedingwet: Brandstof kry weer vrystelling
Meedingwet: Brandstof kry weer vrystelling

Meedingwet: Brandstof kry weer vrystelling

Estelle de Bruyn
Die Suid-Afrikaanse brandstofbedryf het ’n verdere kwytskelding van sekere aspekte van mededingingswetgewing ontvang om te help keer dat brandstoftekorte voorkom.

Die Mededingingskommissie het die naweek in die Staatskoerant bevestig hy gee ’n voorwaardelike kwytskelding aan die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia) en sy lede van sekere aspekte van artikel 4 van die Mededingingswet.

Die bedryf het aanvanklik ’n kwytskelding van vyf jaar van begin Januarie verlede jaar tot einde Desember 2020 gevra, maar die kommissie verleng die kwytskelding van jaar tot jaar, en die jongste kwytskelding is vir 12 maande van 1 Januarie vanjaar tot einde Desember.

Mag inligting deel

Die doel daarvan is om rolspelers in die bedryf toe te laat om sekere inligting oor brandstoflogistiek met mekaar te deel om brandstofvoorsiening te verseker.

Die herhaalde kwytskeldings waarvoor die bedryf aansoek doen, spruit uit die erge brandstoftekorte wat einde 2005 en begin 2006 ervaar is met die uitfasering van lood in petrol.

Die voorwaardes wat die kommissie in die Staatskoerant gestel het, is dat die brandstofmaatskappye slegs kan saamwerk en inligting deel wat betref invoerlogistiek, die primêre verspreiding van brandstof, die bedryf van eindpunte en depots en die spesifieke gedeelde dienste soos lughawebrandstofdienste en gesamentlike bergingsgeriewe by hawens.

Die kwytskelding geld nie die groothandel, kleinhandel en kommersiële brandstofhandel nie.

Die rolspelers mag nie sensitiewe kommersiële inligting met mekaar deel nie, behalwe waar dit in ooreenstemming met die aansoek om kwytskelding nodig is vir brandstofsekerheid.

Die kommissie stel dit ook as voorwaarde dat Sapia sy lidmaatskap na bestaande en potensiële bemarkers in die brandstofbedryf op ’n billike en deursigtige manier moet uitbrei. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!