Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek
Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek, is steeds nie gevind nie.
Insp. Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, het pas aan Republikein bevestig die soektog duur voort.
“ ’n Reusesoektog is reeds gister al langs die rivieroewer tot sononder deur die polisie en lede van Okahandja se buurtwag van stapel gestuur,” het Mbeha gesê.
Sy sê die polisieondersoek duur voort en voorlopige inligting dui daarop die vrou is weggespoel toe sy omstreeks 08:00 die rivier op pad werk toe wou oorsteek.
’n Kleinhoeweboer, mnr. Freddie Koch, het gister aan Republikein vertel die vrou was een van drie mense wat die rivier vroegoggend te voet wou oorsteek.
“’n Jonger vrou het ’n baba by haar gehad. Hoewel iemand hulle probeer waarsku het om nie die rivier oor te steek nie, het hulle om die een of ander rede nie geluister nie.
“Hulle is eenvoudig van hul voete afgespoel. ’n Man, asook die vrou en haar baba, kon gered word. Die ouer vrou is egter deur die rivier meegesleur,” het Koch gesê.
Hy het gesê die rivier het toe nog op plekke baie sterk geloop. “In die 10 jaar wat ek hier woon, het ek dit nog nooit só sien loop nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie