Meegevoer deur vergange se dae
Otis Finck – Die onlangse oostewind waai my gedagtes terug na die verre verlede.
’n Tyd toe Narraville se strate nog soutpaaie was en die straatlampe op teerhoutpale gemonteer was met gangetjies wat soos are tussen die blok huise deur die buurt geweef was.
Jy moes ’n hart van staal hê om daai weë te wandel, veral wanneer die donkerte kom toesak het.
Gekruide taal was aan die orde van die dag onder die kwajongens en bendelede wat amok gemaak het. In die koelte van die “Evergreen”-bome, het hulle komplotte gesmee, gedobbel, dronk geraak, dagga en mandrax gerook, vuisgeslaan en mesgesteek dat die bloed spat.
Inwoners het die gange soos die pes vermy. Die mense wat nie geweet het nie en dit wel daar gewaag het, is onaangenaam uit die donkerte verras, beroof en aangerand.
Baie van die soldate en navy “guys” uit ander gebiede van die land, selfs so ver as Suid-Afrika wat in Narraville rond kom vry het, het hulle só vasgeloop.
Dit was ver voor die koms van die winde van verandering.
Ja, selfs die oostewind het anders destyds gewaai.
Ek onthou hoe ’n wit veeragtige vlokkie die aankondiging was dat ’n sandstorm in alle erns op pad was. Die stormsterk stofwolk het dan met die vroeë oggendure op die hawedorp kom blaas, soms vir dae aanmekaar. Alles was dan die ene stof en die strate verlate. Daar was ’n kring om die son en papiere het oral rond gedans.
Voor sy koms het die temperature die hoogte in geskiet.
Op pad skool toe het ons maar sakdoeke soos maskers oor ons monde vasgeknoop om die dosis sand wat jy sou inneem so klein as moontlik te hou terwyl jy vorentoe skoolwaarts struikel deur die storm.
Die grootmense het altyd gesê ’n bietjie stof is glo goed vir die spysverteringstelsel. Ek weet glad nie hoeveel waarheid daarin steek nie.
Wat ek wel weet, is dat die wind moet waai, anders is dit nie Walvisbaai nie.
Dit voer die kieme weg en bring beslis die vis nader.
Die hitte destyds was van ’n ontsaglike en neerdrukkende aard. Kinders het flou geval of sommer vrywillig op die banke gedurende lesse aan die slaap geraak terwyl die wind woed en die kwik kookpunt bereik.
Met pouse het meeste leerlinge lusteloos in die skadu en beskutting van die klaskamers uitgehang terwyl die rokers se “cravings” hulle na die toilette koers laat kies het.
Sou die wind bedaar, het dit gevoel die son staan doodstil en sy hitte smelt jou weg.
Suppas/ysies was die enigste ding wat ’n effense lafenis kon bied.
Selfs straatbrakke het dit nie uit die geringe skadu wat daar was, gewaag nie.
Met die sak van die son is die dag se stof bymekaar en vir eers weggevee.
Die strate het begin lewe kry. Kinders het speletjies soos kennetjie, drie blikkies, ronne hasetjie, dodge ball, ouma goose of wegkruipertjie gespeel en die grootmense het saamgedrom en gesels.
Dit was asof die wêreld jubel van verligting.
Die wind kom ruk aan my voordeur en pluk my gedagtes na die hede.
“Ja wat, ons het lanklaas rêrig oosweer gehad. Die gangetjies is lankal iets van die verlede en die spore van dié wat dit destyds bewandel het, is vir altyd uitgevee,” sê ek vir myself en wens uit die diepte van my hart die dwarrelende stof wat vandag buite draai, waai sommer vir Corona die ewigheid in.
Nou vat ek nie my masker om die stof wat daar buite waai weg te hou nie, maar omdat ek moet, want ek wil winkel toe en sonder dit mag en kan ek nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie