Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike diens goedgekeur
Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike diens goedgekeur

Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike diens goedgekeur

Henriette Lamprecht
Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van industrialisasie en handel, me. Ndiita Nghipondoka-Robiati sê 1 100 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike dienste is reeds deur die ministerie goedgekeur. Vyfhonderd is afgekeur en 1 300 is hangend. Nghipondoka-Robiati het tydens die ministerie van inligting en kommunisie se daaglikse Covid-19-inligtingsessie gesê die redes waarom aansoeke afgekeur is, kan insluit te veel werkers op die perseel en dat nie bewys gelewer kan word oor hoe hulle by die stryd teen Covid-19 betrokke is nie. Sy het ook verwys na riglyne vir kleinhandelaars wat tans saamgestel en in die Staatskoerant gepubliseer sal word. Volgens haar kan klagtes oor verhoogde pryse by die Mededingingskommissie (CC) aangemeld word. Persone wat nog op die uitslag van hul aansoeke wag, kan intussen die APN-nommer wat aan hul toegeken is, gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!